Agri Kultuur March/ Maart 2016 - Page 87

kom wat hulle sou proe nie. Hulle moes toe neerskryf watter sensasies en smake hulle ervaar. Hierna het dinge interessant begin raak. Die Europeërs het die Suid-Afrikaners se beskrywings van hul Franse wyne ontvang (en omgekeerd natuurlik ook). Toe moes die wynmakers proe-proe aan hul eie land se glase Shiraz, en probeer om die neergepende beskrywings voor hulle by die regte wyne te pas. Volgens prof Wessel du Toit van die US Departement Wingerd- en Wynkunde was dit makliker gesê as gedaan! Hy vertel dat kultuur en blootstelling ‘n groot rol kan speel in so ‘n beskrywingsproses. “Die Franse ken nie juis koejawels nie, terwyl dit in die Boland weer ‘n algemene vrug is en ons dikwels ons wyne daarmee beskryf,” vertel hy. Op hul beurt was die Franse weer geneig om die kleur van ‘n mooie Shiraz-wyn as “baksteenrooi” aan te dui, in verwysing na die soort dakteëls wat dikwels op die Franse platteland gesien word. “SuidAfrikaanse wynmakers was meer geneig om na die robynkleur van dieselfde wyn te verwys,” onthou prof Du Toit. Dit help dus nie altyd om ‘n verwysing te gebruik wat nie oral ewe bekend is nie, of wat plekspesifiek is nie. Dis veral belangrike raad om te onthou as ‘n wyn op die uitvoermark gerig is. Wil jy jou eie vermoë om wyn te evalueer heelwat opskerp, en dalk selfs ‘n wynbeoordelaar word? Oorweeg dan een van die kortkursusse wat vanjaar deur wynkundiges van die Universiteit Stellenbosch aangebied word. Vir meer inligting, besoek die webblad www.sun.ac.za/shortcourses. Om van Welgevallen Kelder se wyne te bestel, kontak keldermeester Riaan Wassung (winesales@sun.ac.za), besoek die Facebook blad “Die Laan Wines” of die afdeling “Welgevallen Kelder” op die Departement Wingerd- en Wynkunde se webblad www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/ agri/viticulture-oenology.