Artikel deur Nelius Smith
Boshoff Visser
H
istories is vruggebruik
aangewend nie alleen
om aan 'n langslewende
'n bron van inkomste te
gee nie, maar ook in 'n poging om
boedelbelasting by die eerssterwende te verminder. Vruggebruik se waardasie by dood hou
egter ernstige komplikasies in vir
boedelbelasting en behoort vruggebruikhouers en blote eiendomsreghouers sorgvuldig te beplan oor
die hantering van die vruggebruik.
'n Bepaling in 'n testament van 'n
boer het dikwels gelees: Ek bemaak
my plaas aan my seun onderhewig
aan 'n lewenslange vruggebruik aan
my eggenote. Hierdie vruggebruik is
soms uitgebrei na aandele, vee en
ook beleggings.
Die gevolg van die bepaling in die
testament is dat die eggenote geregtig is en daarop kan aanspraak
maak om al die vrugte (opbrengs)
van die bate te kan geniet. Al die
inkomste en winste en as dit lewende hawe is, ook die nasate van die
vee kom die vruggebruikhouer toe.
Die houer van die vruggebruik behoort nie die aard van die bate te
verander nie. Ons merk soms dat
die vruggebruikhouer hierdie reg
informeel of gedeeltelik of ten volle
afstaan gedurende haar lewe en
haar nageslag (eienaar van die blote
eiendomsreg) toelaat om die bate
vir hulle eie voordeel te benut en te
geniet. Nieteenstaande of die vruggebruikhouer die reg informeel afstaan of nie, daar is ernstige finansiële gevolge vir die blote eiendomsreghouer.
By dood van die vruggebruikhouer
word die vrug se waarde ingesluit
vir boedelbelastingdoeleindes gebaseer op 'n formule waar die
lewensverwagting van die blote
eiendomsreghouer gebruik moet
word. Die vrug verdwyn nie net by
dood nie, maar word vir boedel-
belastingdoeleindes waardeer. Dikwels beteken dit dat daar wesenlike
boedelbelastings betaalbaar word,
dikwels op bates wat nie eers deur
die oorlede eggenoot benut is nie.
Op 'n bate wat R10 miljoen werd is,
wat onderhewig was aan vruggebruik aan 'n eggenote, kan 'n 50
jarige seun verplig word om boedelbelasting van R1,8 miljoen te betaal. Mense is onbewus van hierdie
insluiting vir boedelbelastingdoeleindes en voorsiening word dikwels
nie daarvoor geskep nie.
Enige persoon wat 'n vruggebruik
besit behoort 'n finansiële raadgewer te nader oor metodes om
met die vrug te handel terwyl die
vruggebruiker nog lewe. Daar is
metodes waar die vrug van die
hand gesit kan word. Indien dit eers
na dood aangespreek word, mag
dit 'n wesenlike koste vir die eienaar
van die bate tot gevolg hê.
Nelius Smith
Direkteur: Boshoff Visser Finansiële Dienste (Edms.) Bpk.
Boshoff Visser Finansiële Dienste (Edms.) Bpk. aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige besluit wat enige leser op grond van die bogenoemdemag neem nie. Ons beveel aan dat u u finansiële adviseur spreek voordat u enige besluit in verband met u finansies neem.
Boshoff Visser Finansiële Dienste (Edms.) Bpk. is ’n gelisensieerde finansiële diensverskaffer met lisensienommer: 11969.