Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 70

T ydens “Graan SA” se jaarlikse kongres wat van 3 tot 4 Maart 2016 in Bothaville in die Vrystaat gehou is, het die eer, om verkies te word as die heel eerste vroulike bestuurslid wat op Graan SA se uitvoerende komitee dien, Bredasdorper Preline Swart te beurt geval. Preline is deur die topbestuur in haar streek genader om haarself verkiesbaar te stel as onder-voorsitter. Na deeglike oorweging het sy besluit om tog wel die nominasie en die uitdaging te aanvaar. Artikel en foto deur Ora Laubscher Ons het heel gepas op “Internasionale Vrouedag” op Dinsdag 8 Maart, by Ralph en Preline Swart se huis op Bredasdorp gaan inloer om te gesels en om vir Preline geluk te wens. Op ‘n vraag oor hoe sy hierdie splinternuwe uitdaging wat na haar kant toe gekom het ervaar, as verteenwoordiger van die Overbergse boeregemeenskap en as vrou, het sy dit duidelik gestel dat sy dit sien as ‘n baie besondere geleentheid wat na haar kant gekom het. “‘n Uitdaging en ‘n geleentheid om as vrou in ‘n mans- wêreld ‘n verskil te maak; om in eie reg die leer te klim en om nog meer te leer en te wete te kom oor dit waaroor ek so passievol is en waarom my eie wêreld al die afgelope agt jaar draai!” As ‘n boorling van Elim, volgens haarself “net ‘n doodgewone meisie van Elim”, het Preline tog ook al in eie reg en saam met haar eggenoot Ralph, ‘n hele paar diep landbou spore in die Overberg getrap! “’n Vrou bring ‘n sesde sintuig en ‘n sagter aanslag na die tafel…” Preline het vertel dat sy nog voor-