Agri Kultuur March/ Maart 2016 - Page 63

Josef van Wyngaard Universiteit van Pretoria D ie droogte wat ons (in groot dele van SuidAfrika) ervaar het, het die voorsiening van voldoende mielies onder druk geplaas. Verder het die mielieprys gestyg, wat veroorsaak dat die koste van saamgestelde voere, soos suiwelkragvoer, ook verhoog. Daar is verskeie strategieë wat die suiwelboer kan toepas in ‘n poging om hierdie moeilike tyd te oorleef, soos: verminder diergetalle op die plaas, maak gebruik van goedkoop byprodukte wat mielies in die kragvoer vervang óf verlaag die suiwelkragvoerpeil. Vir die meerderheid van produsente is dit ‘n uitdaging om dieregetalle te verlaag, terwyl byprodukte nie altyd maklik verkrygbaar is nie. Die verlaging van die suiwelkragvoerpeil is gewoonlik ‘n maklike en praktiese uitweg. Belangrike vrae is egter met hoeveel die kragvoerpeil moet verlaag en wat is die impak daarvan op melkproduksie? Twee studies is onlangs by Outeniqua Navorsingsplaas, George uitgevoer, een gedurende die laat-somer en een in die vroeë-lente. Die doel van die twee studies was om te bepaal wat die effek van drie verskillende suiwelkragvoerpeile op die melkrespons van Jersey-koeie op twee verskillende weidingbasisse het. Die twee proewe het dus voorsiening gemaak vir die effek wat seisoenale weidingkwaliteit op melkrespons (kilogram melk geproduseer per kilogram suiwelkragvoer) sou hê. Elke studie het bestaan uit ‘n 50-dag metings- periode, met identiese metodiek, buiten vir die seisoen wat verskillende weidingbasisse tot gevolg gehad het. Die twee weidingbasisse was kikoejoe in die laat-somer en meerjarige raaigras in die vroeëlente en die suiwelkragvoerpeile was 0, 4 en 8 kg/koei/dag. Die droë materiaal energie- en proteïeninhoud van die laat-somer en vroeëlente suiwelkragvoer was 13.1 MJ/ kg en 15.4%, en 13.2 MJ/kg en 13.8%, onderskeidelik. Tabel 1 beskryf die weidingbasis en -opbrengs van elke studie. Dit is belangrik om die weiding te beskryf, want dit verskil van plaas tot plaas en daarvolgens die melkrespons ook. Beide weidingbasisse was teen 42 kg stikstof/ha na elke wei bemes. Weidingopbrengs verteenwoordig die gemiddelde opbrengs voor elke