Agri Kultuur March/ Maart 2016 - Page 61

wortelgewig herstel het indien dit na die laaste ontblaring vir 4 weke nie verder ontblaar was nie. Indien die grasse elke tweede week ontblaar word (6 weke in die Figuur) sal wortelherstel vir 25 en 50 mm hoogtes tot onderskeidelik slegs 40 en 50% herstel het, opgevolg deur 4 weke van geen ontblaring. Dit moet verder afgespeel word teen die feit dat hierdie onder optimale grondwatertoestande plaasgevind het. Indien dit ook nog onderhewig sou wees aan droogtetoestande, behoort die herstelperiode nog veel langer te duur. Daar is reeds in ‘n vorige artikel uitgewys dat waterstremming se impak op wortel-afsterwing veel groter is as die van slegs ontblaring. Na twee weke se herstel het besonder baie nuwe wortels heel aan die onderpunt van die grasse se wortelstelsel sigbaar begin ontwikkel (Foto 1). Praktiese implikasies vir veeboer Dit was nie my bedoeling om bestuursbenaderings gebaseer op langer weiperiodes tydens die vorige artikels rondom wortelgroei te kritiseer of totaal af te skiet nie, maar wou die klem eerder laat val op voldoende rusperiodes van ‘n kamp na ontblaring. Sekere plase beskik ongelukkig oor ‘n beperkte aantal kampe per trop, wat korter weiperiodes onmoontlik maak. Hierdie wortelstudie reeks se wetenskaplik gefundeerde bevindinge bied slegs riglyne wat die werklike impak van té lang wei-periodes beklemtoon. Die resultate kan wel as handige riglyne dien om die voordele van meer kampe per trop uit te wys. Die belangrikheid van die wortelstelsel binne die volhoubare funksionering van die weidingekosisteem kan ongelukkig nie oorbeklemtoon word nie. Gevolglik moet kennis geneem word van beide intensiteit en frekwensie van ontblaring, asook waterstremming se impak op wortelgroei en –ontwikkeling en uiteindelik op die produktiwiteit van die weidingekosisteem wat daarmee gepaard gaan. Alhoewel wortelgroei nie ‘n direkte bydrae tot die weiveld se produksie maak nie, is die indirekte bydrae van onskatbare waarde vir die veeboer se oorlewing. Veeboere moet spreekwoordelik ondergronds begin dink. Op die oog-af mag dit blyk dat na opheffing van ‘n droogte die weiplant wel gesond voorkom, maar dit moet ingedagte gehou word dat die groeikrag daarvan laer is weens wortelafsterwing weens die droogte. Sulke weiveld gaan dus weens die swakker groeikragtigheid minder diere oor die korttermyn kan Foto 1. Nuwe wortels aan onderpunt sigbaar na herstelperiode toegelaat is. akkommodeer. Verminder dus vroegtydig diere ten einde die veld steeds volhoubaar te benut. Beweide kampe is oor die algemeen meer droogte sensitief. Die rede hiervoor is nie net die moontlike wortelafsterwing weens ontblaring nie, maar ook die mikroklimaat wat verander. Die verwydering van bogrondse plantmateriaal lei tot groter blootstelling van die grond teen die aanslae van elemente soos reënval en temperatuur. Die groter verdamping en hoër waterafloop skep ‘n swakker groundwaterinhoud wat weer tot vinniger mensgemaakte droogtes aanleiding kan gee. Hier volg ‘n paar riglyne vanuit die wortelstudies verkry wat in veldbestuursbeplanning verreken moet word:  Dit blyk dat frekwensie van ontblaring ‘n veel groter impak op die produktiwiteit van die weiplant as intensiteit het. Die 25 en 50 mm ontblaringshoogtes se impak op wortelgewig was statisties nie veel verskillend nie, alhoewel 50 mm ‘n tog groter afname getoon het. Indien frekwensie van ontblaring wel hoog is (dus meer gereeld ontblaar word) begin die impak van intensiteit wel eers werklik sterker na vore tree. ‘n Eenmalige strawwe ontblaring oor ‘n Foto 2. Mooi rooigrassaad/rooigrasveld van naby gesien.