Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 55

Raaigras Smutsvinger hooi Voer aanbod het en weiding is 25 Maart gevestig, 2-3 weke later as beplan, maar nog binne veilige norme. Vestiging was goed en die weiding is begin benut op 25 Mei 2011. Oorbenutting van die weiding het voorgekom teen ‘n belading van 9.7 kalwers per hektaar en is verlaag na 8.1 kalwers per hektaar wat volhoubaar was. Weens die normale laer produksie van raaigras gedurende die laat winter tesame met ekstreme lang koue periodes wat produksie benadeel het, is hooi ad – lib aangevul vanaf 4 Julie - 28 Augustus toe beweiding weer normaliseer het. Die diagrammatiese voorstelling van die voervloei in Figuur 2 het ‘n benuttingsperiode van 25 Mei - 2 Desember (191 dae) tot gevolg gehad, hooiperiode van 55 dae ingesluit. Die winter was besonder straf met waterkrippe wat gevries het en swaar ryp tot in September wat produksie benadeel het. JAN FEB MRT APR MEI JUN JUL AUG SEPT OKT NOV DES MAANDE Figuur 2. Voervloei Wat was die diereprestasie ? Figuur 3 dui progressiewe GDT van die behandelings aan met aantekeninge ter interpretasie. Progressiewe GDT word gebruik aangesien GDT tussen wegings nie betroubaar is nie, tydens die aktiewe groeityd gedurende die lente word syfers van tot 1.8 kilogram per dag behaal wat dikwels aangehaal word maar is nie ’n realistiese weerspieëling van wat oor tyd gebeur nie.  Die fosfaat behandeling toon swak prestasie teenoor die behandelings wat energie tydens die aanpassingsfase ontvang het.  Figuur 3 gee ’n betroubare beeld van die onderskeie behandelings Fosfaat Hooi Energie Proteïen No v O kt Se pt Se pt Se pt Au g Ju l Au g Ju l Ju n Ju n Ju n Energie ei 900 800 700 600 500 400 300 200 100 0 -100 M Gram / dag Progressiewe GDT van Ossies op besproeide Raaigras Maande Figuur 3. Progressiewe GDT van ossies op besproeide Raaigras se prestasie oor die geheel gesien. ’n Groei van van 800 – 900 gram per dag oor tyd vir die behandelings wat energie gebaseerde aanvullings ontvang is prakties haalbaar.  Die produksiekurwe van raaigras word weerspieël in die studie se diereprestasie.  Swakker groei gedurende die hooitydperk toe raaigras beperkend was kan duidelik waar- geneem word. Eindmassa was 368 kg vir die Fosfaat behandeling, 372 kg vir die Energie behandeling en 383 kg vir die Energie – Proteïen behandeling.