Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 48

Elri Burger LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem D ie 2016 handleidings is beskikbaar en produsente kan die jongste resultate reeds op die webwerf kry by www.arc.agric.za/arcsgi. Die boekies sal vanaf die 30ste Maart by LNR-Kleingraaninstituut in Bethlehem beskikbaar wees en vanaf die eerste week in April by u naaste koöperasie. Kleingraaninstituut publiseer jaarliks hierdie kompakte handleiding wat die jongste inligting en resultate ten opsigte van kultivarprestasie, onkruid-, siekte- en insekbeheer, asook ander algemene bestuurspraktyke met betrekking tot suksesvolle kleingraanverbouing bevat. Hierdie handleidings stel baie nuttige en duidelike riglyne waarbinne aanbevelings en produksiebesluite gemaak behoort te word. Dit is vir navorsers by Klein- graaninstituut belangrik dat kleingraanprodusente altyd toegang het tot die nuutste onafhanklike koringinligting. Twee afsonderlike handleidings is in Afrikaans en Engels beskikbaar vir die Somer- en Winterreënvalgebiede onderskeidelik. Danksy finansiële ondersteuning van die Wintergraantrust, kan die Produksiehandleidings gratis aan kleingraanprodusente verskaf word. LNR-Kleingraaninstituut is jaarliks verantwoordelik vir die Nasionale Kultivarevaluasie Program en die inligting en aanbevelings wat in die handleiding vervat word is die resultate van hierdie program. Aanvullend tot die kultivaraanbevelings word die resultate ook per streek saamgevat. Die aanbevelings sluit slegs dié kultivars in