Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 46

M onsanto het 10 nuwe mieliekultivars, twee wit en agt geel, met verhoogde opbrengspotensiaal vir die 2016/17-plantseisoen bekend gestel. Die bekendstelling was op die maatskappy se proefplaas, Rietgat, te Lichtenburg, wat deur meer as 200 boere en hul gesinne bygewoon is. Verdere bekendstellings vind op strategiese plekke in die somersaaigebied plaas. “Met nuwe genetika om meervoudige gewasproduksie en groeikragtigheid met verhoogde opbrengspotensiaal ten doel te stel, glo ons dat ons ’n bydrae tot die verbetering van die landbou kan lewer in ons pogings om produktiwiteit op die plaas en Hans Lombard voedselkwaliteit te help verbeter,” het Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto, tydens die bekendstelling gesê. Die nuwe kultivars is (wit) DKC7661B en DKC63-53; asook (geel) DKC68-58BR, DKC68-56R, DKC7144B, DKC71-42, DKC74-74BR, DKC74-26R, DKC65-52BR, DKC6454BR. Sommige uitstaande eienskappe van die kultivars is:  Nuwe genetika met uitstekende opbrengspotensiaal.  Wyd aanpasbaarheid.  Stabiele prestasie oor verskillende omstandighede.  Vinnige afdroging.  Goeie graankwaliteit.  Goeie siekteverdraagsaamheidpakket.  Goeie staanvermoë.  Meerkoppigheid. DKC63-53 (wit) en DKC65-52BR en DKC64-54BR (albei geel) is ultra kort groeiseisoen kultivars spesifiek geskik vir volbesproeiing, nie minder nie as 80 000plante/ha. Moderende planttipes en genetika (enkelkoppig en enkelstammig) ideaal geskik vir hoë opbrengspotensiaal van volbesproeiingspraktyke. Hulle is ook ideaal geskik vir meervoudige gewasproduksie waar twee oeste in een seisoen afgehaal kan word. Byvoorbeeld, nadat die mielies gestroop is, kan koring geplant word. Vir nadere inligting, kontak Gert Heyns 082 388 0211. By die bekendstelling van Monsanto se nuwe mieliekultivars te Rietgat, Lichtenburg, is van links: Kobus Steenekamp, besturende direkteur, Monsanto, Suid-Afrika; John Mathew en eggenote Jenny; Derek Mathew en sy eggenote Karin, almal vooraanstaande mielieboere van die plaas Silverton, Lichtenburg; en Gert Heyns, bemarkingsbestuurder, saad en biotegnologie, Monsanto. Foto Hans Lombard