Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 41

Figuur 1: Reënval (mm) van vyf lokaliteite in die Swartland Rûens reënvalsyfers Die Rûens het ‘n baie beter jaar beleef as die Swartland, en ook hoër rëenval in die meeste lokaliteite gehad as in 2014 (Figuur 2). Bredasdorp het die hoogste jaarlikse rëenval (707 mm) gehad teenoor Caledon se 384 mm. Figuur 2: Rëenval van vyf lokaliteite in die Rûens OPBRENGSRESULTATE Swartland Die gemiddelde opbrengs van kultivars in die Swartland (alle lokaliteite saamgevoeg) word in Figuur 3 weergegee. Die kultivar wat die beste opbrengs gelewer het, was SST 0117 (2.35 ton/ha), gevolg deur SST 015 (2.34 ton/ha), SST 0147 (2.30 ton/ha) SST 88 (2.26ton/ha) en PAN 3408 (2.25 ton/ha). Laasgenoemde 4 kultivars het nie statisties betekenisvol verskil van SST 0117 nie.