Agri Kultuur March/ Maart 2016 - Page 40

Willem Kilian, LNR Kleingraaninstituut, Bethlehem Henzel Saul, Foto verskaf T ydens die Nasionale Kultivarwerkgroep se byeenkoms op 11 Februarie 2016 is die koringkultivar-evaluasie resultate van die Wes-Kaap van nader beskou en die aanbevelings vir die komende seisoen is gefinaliseer. Die volgende is belangrike aspekte wat na vore gekom het:  Twee nuwe kultivars, SST 096 en SST 0127, is bygevoeg tot die lys van amptelik aanbevole kultivars  Twee ouer kultivars, Kwartel en Kariega, is van die aanbevelingslys verwyder  Die prestasie van twee nuwe kultivars, SST 0117 en SST 0147, is vir die eerste jaar in die Nasionale program met die van ouer kultivars vergelyk Met die veranderinge in die produksiepatroon wat oor die afgelope jare in die noordelike graanproduserende gebiede plaasgevind het, produseer Wes-Kaap produsente tans ongeveer die helfte van die totale koringproduksie in SuidAfrika. In ‘n omgewing van stygende invoere van koring is die stabiliserende effek wat hierdie produksiegebied op die koringbedryf het van onskatbare waarde. Dit is belangrik dat produsente deurgaans toegang het tot nuwe kultivars, met eienskappe wat beide totale pro- LNR Kleingraaninstituut, Stellenbosch duksie en winsgewendheid kan verhoog. Die Nasionale Kultivarevaluasie Program in die Wes-Kaap is ‘n gesamentlike poging van die LNRKleingraaninstituut en die WesKaap Departement van Landbou. Alle kultivars wat deur teeltorganisaies ingeskyf word, word in die verskillende substreke in die winterreëngebied aangeplant om hulle prestasie te evalueer. Detail inligting word verskaf in die Produksiehandleiding, wat jaarliks opdateer word, vir elkeen van die substreke.kultivar In hierdie artikel word die 2015 seisoen van naderby beskou in terme van produksietoestande, kultivarprestasie en dan die opdateerde aanbevelings vir die 2016 seisoen. Produksietoestande Die Wes-Kaap, en meer spesifiek die koringproduserende gedeelte van die Swartland, het een van sy droogste seisoene in baie jare beleef. Ten spyte hiervan is daar tog gemiddelde oeste afgehaal in van die streke. In die 2015 seisoen is twee nuwe kultivars, SST 0117 en SST 0147, albei van Sensako, in die program ingesluit vir toetsing in die verskillende omgewings. In die Swartland was die opbrengste in die 2015 seisoen veel laer as in die vorige jaar. Dit is n direkte uitvloeisel van die warm en droë toestande gedurende die seisoen. Die gemiddelde opbrengs van die Swartland proewe was 2.21 ton/ha, wat 1.82 ton/ha minder is as die 4.03 ton/ha van 2014. Die Rûens se opbrengs in die proewe was 3.89 ton/ha, in vergelyking met die 3.10 ton/ha van 2014. Toestande in die Swartland was nie optimaal tydens die plantseisoen nie. As gevolg van die laat begin van die seisoen is al die proewe in die Kultivarprogram buite die optimum plantvenster geplant. Die toestande in die Rûens was meer gunstig tydens planttyd. Swartland reënvalsyfers Die onderstaande grafiek illustreer die rëenval van die vorige twee seisoene in vergeleke met die langtermyn rëenval (Figuur 1). Die reënval in 2015 was duidelik laer as beide die 2014 neerslag en die langtermyn gemiddeld in al die substreke van die Swartland. Die weerdata (LNR Agromet) dui daarop dat Langgewens, as ‘n voorbeeld, laas in 1971 (242 mm) so n droë jaar beleef het.