Agri Kultuur June / Junie 2018 | Page 59

waarmee hulle dan ’n baie akkurate skatting van die belastingaanspreeklikheid kan maak. Die derde belangrike vergadering van die jaar behels die bespreek van die finansiële state. Dit is ’n goeie tyd vir die rekenmeester om vir die produsent ’n finansiële oorsig te gee van sy laaste vyf finansiële jare, en ook om bedryfsyfers te vergelyk. Dit is belangrik om dan die finansiële state aan die bankier beskikbaar te stel sodat hy die produsent se jaarlikse hersiening van fasiliteite kan doen. Dit is ook belangrik dat die produsent met sy makelaar kommunikeer in die geval van gebeurtenisse wat sy dekking kan beïnvloed, sodat die nodige aanpassings op sy versekeringspolisse aangebring kan word. In die geval van eise is dit van uiterse belang dat die produsent so gou moontlik met sy makelaar skakel en deurlopend inligting verskaf soos aangevra. Die makelaar moet op sy beurt enige inligting wat vir die produsent van belang kan wees, tydig aan hom kommunikeer. AgriKultuur |AgriCulture Goeie kommunikasie en betroubare inligting is ook van groot belang tussen die produsent en sy verskaffers. Die verskaffer moet so akkuraat moontlik kwoteer en die produsent betyds inlig van enige prysverhogings of spesiale aanbiedinge wat die produsent se finansiële posisie kan beïnvloed. Die produsent moet op sy beurt betyds sy bestellings plaas en met die verskaffer kommunikeer indien hy bestellings gaan kanselleer, of uitstel nodig het vir betalings. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: BVSA Worcester (Edms) Bpk; BVSA Rekenmeesters (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. BVSA raai alle lesers aan om met ‘n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word. 59