Agri Kultuur June / Junie 2018 | Page 49

De Wetshof is ‘ n derde geslag wynplaas in Robertson wat hul toespits op die maak en verkoop van premium wyne , veral Chardonnay . Daar is 200ha wingerd op die plaas . Johann is die uitvoerende hoof en sy broer , Peter , die hoof van finansies . Sy pa , Danie , hou steeds ‘ n wakenede oog oor alles en is hul mentor . Hy het egter die teuels aan Johann en Peteroorhandig . Johann vertel , “ Op De Wetshof boer ons die wingerde wat dan vir ons die druiwe gee om die wyne in die kelder te maak . Ons behartig self alle fasette van verkope en bemarking tesame met die nodige konsultante .”
Johann vertel hy boer solank as wat hy kan onthou . “ As plaaskind van die familieplaas speel jy mos altyd boer . Maar ek sal sê ek is van so 2005 ‘ aangestel ’ op De Wetshof . Ek het altyd geweet ek sou terugkom plaas toe en dat my heil in die wynbedryf lê . Toe ek klaarmaak met skool aan die Hoër Jongenskool Paarl , was dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf hom al hoe meer op bemarking sal moet begin toespits , dus my besluit om in hierdie vakgebied aan Boland College te studeer . Ek het ook verskeie wynkursusse voltooi , onder meer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Kaapse Wynakademie Dit het my werksaamhede in die wingerde – op De Wetshof , sowel as in Duitsland- aangevul .”
Johan en sy vrou , Gera , het twee kinders Daniel ( 1 ) en Lilya ( 4 maande ), wat haar tans baie besig hou . Sy knyp egter tyd af om met grafiese ontwerp van De Wetshof se produkte te help .
Sy visie vir sy boerdery is om volhoubaar en winsgewend te wees in ‘ n uiters mededingende bedryf – daar is meer as 8 000 Suid-Afrikaanse wynhandelsmerke , so die kompetisie is fel . Deur te fokus op een spesifieke druifkultivar – Chardonnay – en wyne te maak wat hul plaas se ligging , grond en klimaat weerspieël wil De Wetshof gesien word as een van die leiers van Chardonnaywyne in Suid-Afrika .
Johann sê die vernaamste veranderinge wat hy persoonlik teweeg gebring het is in die wingerd en in die plaaslike en internasionale mark . “ Ek is verantwoordelik vir De Wetshof se wingerde en het die afgelope paar jaar begin met ‘ n program om met nuwe wingerdklone te eksperimenteer om sodoende te bepaal hoe ons Chardonnay-wyne die optimale
AgriKultuur | AgriCulture
uitdrukking van grond , ligging en klimaat kan weergee . Betreffende bemarking , bring ek elke jaar ‘ n paar maande in die buiteland deur en sodoende kon De Wetshof nuwe markte in Amerika en Rusland vind .”
Volgens Johann speel landbou ‘ n belangrike rol om die beeld van die land te projekteer . “ Dit is iets wat ons jongboere terdeë besef danksy die feit dat die hele wêreld op die skerm van jou selfoon bereikbaar is . Dit is dus ons verantwoordelikheid om Suid-Afrika as diverse , unieke en uitmuntende landbouland uit te bou en absolute uitnemendheid in die gehalte van ons produkte na te streef . Die wêreldmarkte soek al hoe meer produkte wat spog met ’ n eie identifiseerbare plek van oorsprong en produksie-metodes , en met die kundigheid van ons mense en die diversiteit van ons land kan ons hierdie ‘ wow ’ -faktor bied . Dit is ons jong boere se verantwoordelikheid om saam te bly met ‘ n veranderende wêreld .”
“ Ons belê in ons belangrikste bate , ons mense deur geleenthede te skep soos behuisingsvoorsiening , nasorg vir kinders ,
49