Agri Kultuur June / Junie 2018 | Page 45

Jannie Fourie doen opleiding by Augsburg Landbougimnasium vroeër vanjaar gekwalifiseer het om deel te neem aan die Nasionale Interskole Skaapskeerkompetisie in Bloemfontein waar hulle goeie blootstelling, geleenthede en lewenservaring gekry het. Groot was hulle bewondering toe Themba, hulle held en afrigter, goed presteer het tydens die Ope- en Spoedskeerkompetisie. Volgens onderwyser, Joubert van der Merwe, is Themba ‘n rolmodel vir die jeug en sy gesindheid en positiewe uitkyk op die lewe straal uit sy doen en late. Van der Merwe praat met groot lof van Jannie Fourie se betrokkenheid by Augsburg se jong landbouers. Fourie is verlede jaar uitgenooi as hoofspreker by hul Junior Landbouvereniging se jaarvergadering en sy lesing oor winsgewende skaapboerdery het groot aanklank by die skoliere gevind. Hy het ook begin om ‘n Reproduksie opleidingsprogram aan te bied en ry elke kwartaal vanaf Caledon na Clanwilliam om Augsburg se landboukorps op te lei. AgriKultuur |AgriCulture Onder toesig van die landbou onderwysers behartig die leerders die meeste van die bestuurspraktyke van die Skoliere Dorperstoet en Merino kuddes self en rekordhouding, evaluasies en aanbevelings binne die vak Landboubestuurspraktyke word prakties uitgevoer. Jannie se lesings en inligtingstukke is baie relevant by die Augsburg plaas se bestuursprogram en die reproduksie opleidingsprogram dra by tot meer produktiewe bestuur en beter opleiding met onderskeie kuddes. Jannie se mooi aanslag en sy lewensverhaal en getuienis maak ‘n groot indruk op die leerders. “Dit is kosbaar om hierdie passievolle manne by Augsburg betrokke te hê”, sê van der Merwe en in ‘n tyd waar dinge in die bedryf nie altyd positief lyk nie, is dit juis mense soos Themba en Jannie wat toekomstige skaapboere positief kan beïnvloed en hoop gee vir die toekoms ! 45