Agri Kultuur June / Junie 2018 | Page 44

Skaapboere van die toekoms leer by die bestes Bonita Francis NWKV A ugsburg Landbougimnasium in Clanwilliam bedank die NWKV vir hul positiewe bydrae tot landbou- opleiding en sonder vir Weskaap produksieadviseur Jannie Fourie en skeerinstrukteur Themba Khosa uit as uitstekende landbou- en lewensmentors. Alhoewel opleiding deel is van die NWKV se dienslewering, aanvaar Augsburg dit nie as vanselfsprekend nie en die NWKV en hul puik amptenare word bedank vir uitstekende diens. Tydens Augsburg se eerste skaapskeerkursus sowat ‘n jaar gelede, het Jannie en Themba intensief betrokke geraak met opleiding. Daardie eerste vyf skoliere het nie net skaapskeer beoefen het, maar karaktereienskappe soos respek, dissipline, dryfkrag en toewyding, wat vandag dikwels onder die jeug ontbreek, by Themba aangeleer. Al vyf leerders het geslaag en sedertdien word talle demonstrasies, kursusse en kompetisies in die Weskaap aangebied. Themba se slagspreuk “I don’t teach failures” is bevestig toe drie van sy vyf leerders Themba Khoza, 4de van links saam met Augsburg landboustudente AgriKultuur |AgriCulture 44