Agri Kultuur June / Junie 2018 | Page 37

streeksbyeenkomste aanvullend tot Agri SA optree en bedryfsargumente in terme van voedselsekerheid en produksie voer , terwyl Agri SA die wetgewende debat sal voer ,” het mnr Wessels gesê .
Volgens mnr Wessels is die Wes-Kaap steeds vasgevang in die ergste droogte in menseheugenis . “ In die koringproduserende gedeeltes van die provinsie het veekuddes ‘ n groot bydrae gelewer om produsente se kontantvloei aan die gang te hou . Die ondersteuning en welwillendheid wat ons van ander dele en van ander provinsies ontvang het , was in hierdie tye ‘ n riem onder die hart .”
Tydens die Jaarvergadering het dr Sewellyn Davey van die Direktoraat Veeartsenydiens aan die Wes-Kaap Departement van Landbou gesê omdat geen Bloutong-entstof beskikbaar is nie en daar blykbaar eers weer volgende jaar beskikbaar gaan wees , kan dit probleme vir die rooivleisbedryf inhou . Sy het produsente aangeraai om hul diere teen Bloutong – wat deur muggies oorgedra word – te beskerm deur hulle in droë lande te hou , hulle gesigte met insekdoder te behandel en beeste tussen kleinvee te hou .
Lt . Kol Johan Smit , Provinsiale Veediefstalkoördineerder , het gesê veediefstal het ‘ n maklike misdaad geword om te pleeg , maar het die versekering gegee dat die ses veediefstaleenhede in die Wes-Kaap toegewyd is om ‘ n sukses van alle ondersoeke te maak . Hy het gesê omdat veediefstal
Die provinsiale wenner van die jaarlikse slaglamkompetisie is Hilmar van der Berg van Beaufort-Wes . Links is die RPOvoorsitter , mnr Louis Wessels , en regs is mnr John Durr , RPO Wes-Kaap bestuurslid .
soms laat aangemeld word , bemoeilik dit die ondersoekbeamptes se taak om bewyse te vind .
Mnr Theo Boshoff van Agbiz het in sy toespraak oor grondonteiening sonder vergoeding gesê die staat het sedert 2009 net die helfte van die grondhervormingsbegroting op aankope spandeer . Hy het gesê die ANC is tot dusver baie stil oor presies watter wysigings hulle wil maak om die balans te tref tussen onteiening sonder vergoeding en voedselsekerheid . “ Ons buurlande se voedselsekerheid is ook op die spel ,” het hy gesê .
Dr Peter Johnston , klimaatkundige van die Universiteit van Kaapstad , het gesê klimaatsverandering is nie ‘ n mite nie . “ Risiko ’ s vir die rooivleisbedryf kan onder meer die volgende inhou : verandering in die verspreiding van peste en siektes , verandering in waterbeskikbaarheid , die voorkoms van meer gereelde hittestres , verminderde groei en voorplantingsvermoë , verlaagde vleisopbrengs en -gehalte , en ‘ n toename in sterftes en siektes , het dr Johnston gesê . Hy het gesê weiveldbestuur kan die negatiewe uitwerking van klimaatsverandering op weiveld óf laat toeneem óf laat afneem .
Die RPO het drie spesiale toekennings tydens die vergadering oorhandig : links is mnr Carl Opperman , uittredende hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap , mnr Louis Wessels ( RPO Wes- Kaap Voorsitter ), mnr Johan Bothma ( uittredende hoofbestuurder van Agri Wes- Kaap ) en mnr Hein Volgraaff , voormalige bestuurder van lewende hawe by BKB .
AgriKultuur | AgriCulture
37