Agri Kultuur June / Junie 2018 | Page 36

Groot vertroue in die Rooivleisbedryf Jeanne Boshoff Agri Wes-Kaap D ie RPO Wes-Kaap het Donderdag 31 Mei hul Algemene Jaarvergadering op Moorreesburg gehou. Tydens die vergadering is mnre. Louis Wessels (Albertinia) en Nico Uys (Heidelberg)  onderskeidelik as voorsitter en vise-voorsitter herkies. Mnr Louis Wessels, voorsitter van die RPO in die Wes-Kaap, het gesê wat pryse betref, beweeg die produsentepryse van bees, skaap en speenkalwers sedert 2016 op nuwe vlakke. “Dit lei daartoe dat daar groot vertroue in die rooivleisbedryf is,” het hy gesê. In sy voorsittersverslag het mnr Wessels ook na die Wes-Kaapse Veediefstalforum verwys en gesê hulle is “uiters doeltreffend”. Die bestuurslede van die RPO Wes-Kaap is mnre. Gideon Melck, Dean Heyns, Francois Conradie, Theunis van Eeden, Willem Engelbrecht, Louis Wessels, Jaco van den Berg, Gert Aggenbach, Andre Groenewald en John Durr. Hanno Dreyer is ook as bestuurslid herkies, en mnr Nico Uys is as vise-voorsitter herkies. “Veediefstal in die Wes-Kaap is in vergelyking met ander provinsies mooi onder beheer, behalwe op die plase waar daar naby die metropole geboer word. Skaapdiefstal is só groot probleem dat baie produsente wegbeweeg van die kleinveeproduksie en eerder grootvee produseer. Dit bly egter onrusbarend dat slegs 30% van veediefstalvoorvalle by die SAPD aangemeld word,” het hy gesê. Mnr Wessels sê wat predasie betref is dit vanjaar die eerste jaar dat die predasie- inligtingsentrum by die Universiteit van die Vrystaat funksioneel is. “Die wetenskaplike assessering van predasie wat deur die Universiteit van Port Elizabeth onderneem is, is ook afgehandel en ons sien uit na die resultate daarvan.” In die lig van Rooivleisnavorsing en Ontwikkeling SA se beginselbesluit om programme vir nuwe navorsingprojekte daar te stel, het mnr Wessels vir dr Ilse Trautmann, Hoof Direkteur: Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste by Elsenburg en haar span in die Wes-Kaap bedank vir die goeie werk wat hulle doen. Mnr Wessels het gesê wat onteiening sonder vergoeding betref, het die RPO ná deeglike besinning besef “ons moet eerder met landbou-organisasies soos Agri SA en Agri Wes-Kaap hande vat om die produsent se saak te stel. “Die RPO is gekant teen die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Die RPO sal by AgriKultuur |AgriCulture 36