Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 8

Hy boer al 10 jaar op die plaas Modderdrift, is Agri Wes -Kaap se Streekverteenwoordiger, ‘n Direkteur van die Hexvallei Tafeldruiwe Assosiasie en Voorsitter van die Breedevallei Munisipaliteit se Produsente Forum. Op die vraag waarom hy die landbou as beroep gekies sê hy: “Ek het nie landbou as beroep gekies nie; landbou het my gekies. Dit is ‘n voorreg om vandag te kan boer. Om deel te wees van die natuur en God se skepping elke dag, is nie ‘n reg nie, maar ‘n voorreg. My voorgeslagte het die fondasie gelê, nou moet ons as volgende geslag aan die huis bou.” Volgens Jacques, is hy baie lief vir die tafeldruifbedryf: “Daar is so baie geleenthede binne ons bedryf. Deur op alle vlakke in die boerdery betrokke te wees, maak nie twee dae dieselfde nie. Mens leer elke dag iets nuuts. Dit is vir my lekker om uitdagings in geleenthede te omskep. Ek gaan aanhou belê in hierdie wonderlike bedryf. Deur hoër standaarde na te streef, plaas jy ook