Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 72

Engela Duvenage ’n Sjokolade-toebroodjie volgepak met soetpatat en boontjies klink na die perfekte manier waarop ouers meer groente by hul kinders se voedsel kan insmokkel. Voedselwetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch hoop ook dat dié voedsame smeer genaamd S’coolBeans aan hulle ‘n prys sal besorg by ʼn inter- nasionale produkontwikkelingskompetisie vir studente. S’coolBeans is ʼn laekoste sjokolade- en haselneutgegeurde toebroodjiesmeer. Dit word vervaardig van gefermenteerde suikerbone en soetpatat. Dit is genomineer as ʼn finalis in die internasionale Vereniging vir Voedselwetenskap en Tegnologie (IUFoST) se