Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 70

Foto: Gavin Maneveldt Artikel voorsien deur Engel & Völkers H euningbye se voortbestaan word wêreldwyd bedreig as gevolg van verskeie omstandighede wat moontlik ‘n rol kan speel, onder andere siektes, klimaatsveranderinge, veranderende habitat ens. Ook hier in SA is daar skade in die bye-industrie. Verlede jaar is 40% van die Wes-Kaap se bye uitgeroei deur ‘n epidemie. Dit het ‘n groot impak op verskeie industrieë waar bye ‘n belangrike rol speel, bv.: bestuiwing, heuning, byewas. Bye speel ‘n belangrike rol in voedselsekuriteit, volgens die VN se Food and Agricultural Organization (FAO) is meer as twee derdes van die wêreld se voedselgewasse afhanklik van bye vir bestuiwing. Heuningbye benodig sekere tipe plante om aan hulle behoeftes van proteïene (stuifmeel) en koolhidrate (nektar) te voldoen. Wat is daar wat ons kan doen om hierdie natuurlike helpertjies te bewaar?  Plant by-vriendelike plante, bv.: Lavender, Basil, gewasse  Selfs klein woonsteltuintjies kan ‘n klein, maar waardevolle bydrae lewer met ‘n paar potplante op die balkon of vensterbank.  Ontwikkelaars en