Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 65

Weskus, Karoo en dele van die Weskaap ‘n wyduitgestrekte gebied uit die sout van die aarde se mense. Die skool bied die algemene akademiese kurrikulum asook landbouwetenskap, landboubestuurspraktyke en landboutegnologie aan. Die skool se gewilde slagspreuk is: “Augsburg ....(jou) akademiese landbou keuse!” Die skool streef daarna om genoemde slagspreuk uit te leef en te praktiseer. Foto: Willem Steenkamp Die Landbou-afdeling bestaan uit `n plaas van 1700 ha. Genoemde plaas word demonstratief en kommersieel aangewend. Die gewasvertakkings behels sitrusverbouing (uitvoer), die kweek van uiesaad, wyndruiwe en aangeplante weidings. Die veevertakking bestaan uit Bonsmaras, Döhne-Merinos, Dorpers, Boerbokke, Melkbokke en Angoras. Leerders ontvang deeglike praktiese blootstelling by hierdie produksievertakkings deurdat dogters en seuns `n minimum van 3 ure prakties per week doen. `n Goed-gebalanseerde opleidingsmodel geld by die skool. Hierdie praktiese opleiding word gerugsteun deur verskeie kursusse nl. Dorper-, Boerbok- en Döhnemerinobeoordeling, wolklassering, besproeiingskedulering, sweis, draadspan, weiveldbestuur en dieregesondheid. Verdere ondersteuning en stimulasie geskied in die vorm van Landbou- en besigtigingstoere, wat insluit besoeke aan Agri-Expo, die aartappel- en Rooibosteeroete, besoeke aan wynkelders, kwekerye en ander landbouverenigings. Genoemde toere word gereël deur die Augsburg Junior Landbouvereniging. Die Vereniging besoek deurlopend ander landbouverenigings en woon elke jaar die Agri Wes-kaap se jaarkongres by. Foto: Verskaf Foto: Verskaf Augsburg is veral bekend vir sy uitstekende prestasies in Jeugskou. Die leerders skou jaarliks by ongeveer 9 skoue, wat die Wes-kaap en Nasionale Kampioenskappe insluit. Augsburg-leerders maak jaarliks `n groot deel van die Wes-Kaap se JeugFoto: Willem Steenkamp