Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 42

Jannie Fourie NWKV Produksie Adviseur: Weskaap D ie parasiet is Bovicola ovis (bytende luis), volwasse luis is ongeveer 1.5 tot 3 mm lank met ‘n bruin-rooi kop en ligbruin agterlyf. Luise is gasheer spesifiek. Rooiluis het ‘n breë, stomp kop en suig nie bloed nie, maar vreet eerder met kouende monddele aan epidermale weefsel, velskubbe of skilfers, hare, wol en bloedserum of bloedstolsels van wonde op vel se oppervlak. Rooiluis is aktief in die wintermaande, veral wanneer gashere se kondisie en algemene weerstand onder druk is. Ouer, siek en ondervoede diere, hoë veedigthede en diere met langer wollengtes is meer vatbaar. Tydens warm somermaande kry luise swaar maar bly oorleef in kleiner getalle. As jy infestasie vir die eerste keer waarneem, is skape reeds 6 -7 maande gelede besmet. Lewenssiklus: Die volwasse wyfie lê eiers op skaap terwyl sy voed en die eiers heg aan die wol, ongeveer 12mm van veloppervlak. Die wyfie lê ongeveer 2 eiers elke 3 dae en kan leef vir 27 dae. Eiers is amper deursigtig en baie moeilik om met die blote oog raak te sien. Die mannetjies leef 48 dae . Tien dae later broei eiers uit en eerste nimfstaduim verskyn. Ontwikkeling en uitbroei van eiers vind plaas tussen temperature van 30 - 36 grade Celsius. Die luis gaan deur 2 verdere nimfstadiums op dag 22 en 31 voordat jong volwassenes verskyn. Lewenssiklus is ongeveer 35 dae en word op skaap voltooi, met ander woorde, rooiluis is ‘n permanente parasiet van skape. Oordraging: Meeste besmetting is deur direkte oordraging en luis kan net 3 tot 4 dae vanaf skaap oorleef. Lammers word deur ooie besmet. Aankoop van besmette ooie of ramme dra ook die parasiete oor. Een volwasse wyfie is genoeg om ‘n hele kudde te besmet. Kan ook deur skeerders tussen plase versprei word. Dit is baie belangrik om alle ingekoopte diere te behandel en onder kwarantyn te hou voor in kudde vrygelaat word. Kliniese tekens:  Rooiluis veroorsaak erge irritasie en die gejeuk, gebyt en gekrap deur skape veroorsaak wolskade. Graad van wolskade hang af van aantal luise, lengte van wol en sensitiwiteit van skaap. Velskade en breuk in wol word veroorsaak.  Skuur en krap lei tot skade aan heinings en krippe.  Skaaf- en skuurplekke veroorsaak lekkende serums wat weer brommers lok.  Gewigverlies kan moontlik een van die gevolge wees.  Wol is soms gekoek en vertoon geel.  Dier kan rusteloos wees, swak vreet en wol afskuur. As 1 luis per 10 cm wolopening op skaap gesien word, is daar ongeveer 2 000 luise op skaap. Luise is wel sigbaar met blote oog. Ekonomiese verliese: Ligte luisbesmetting veroorsaak:  3% verlaging in wolproduksie  1% verlaging in skoon opbrengs  2% verlaging in wolprys Die totale verlies per skaap met ligte besmetting is ongeveer R26. So min as 5 000 luise / skaap kan tot 5% verlaging in wolwaarde tot gevolg hê en 25 000 luise tot soveel as 20%. Verdere skade aan heinings en krippe a.g.v. krap en skuuraksies van jeukende diere. Daar is ook verlies aan karkasmassa omdat hulle minder vreet en meer rond hardloop. Dit is dus goedkoper om skape te behandel as om verliese te lei. Drastiese verlaging in melkproduksie kan ook voorkom wat lei tot lammers wat swak groei. Behandeling: Dit is uiters belangrik dat alle skape behandel word met geregistreerde middels. Vir beste resultate moet skape eers geskeer en dan behandel word. Die skeerproses kan tot 70% van luise verwyder met