dit hoogs gesonde melk. A1 melk is weer ongesonde
melk. Daar is reeds bewyse dat die opium-derivaat, genaamd BCM7 in A1 melk, chemies amper identies aan
glutien is. Maar waar glutien net op drie areas van ons
breine bind en ons siek maak, bind BCM7 op 45 plekke
op ons breine. Daar is reeds suksesse met die toetsing
vir A2 melk, maar die Dexter bedryf staan nog hier in sy
kinderskoene. Telers, wat reeds toetse gedoen het vir
A2 melk, kan hul melk nou as sodanig bemark.
Kreatiewe plan saam met kleinwild
Wildboere sukkel veral met die be-heer van bosluise in
die Limpopo en ‘n boer aldaar het ʼn vindingryke plan
gemaak om Dexters te gebruik om in die eerste plek die
gras te ‘sny’ sodat die kleinwild dit beter kan bewei en
in die tweede plek om die bosluise te beheer, want hy
haal net die Dexters uit die kamp en be-spuit hul dan
en sodoende word die bosluise in die algemeen dus
onder beheer gebring.
U moet uself dus die vraag afvra: KAN EK BEKOSTIG OM
NIE MET N DEXTER TE BOER NIE?”
Kontak gerus die Dexter Genootskap indien u enige
vrae het by: [email protected] of
[email protected]