Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 40

Dexters boer. Sommige het ook ʼn melkery. Die ras het hom egter ook onderskei in alle veldtoestande regoor SA. Daar is Dexter telers in al die provinsies van SA. (Dus is hul aanpasbaar van die grasvelde tot die dorre dele van ons land.) Gehardheid en Voeromsetvermoë Tydens die 2015/16 landswye droogte het boere in die Vrystaat ʼn studie gedoen met jong bulle om te kyk hoe gehard hul is. Tydens die toets, is slegs ʼn lek bestaande uit 10 sakke sout, 1 sak fosfaat en 2 sakke molassemeel gegee en moes hul maar op die karige weiding self klaarkom. Die uitslae het selfs ons Dexter-boere verbaas en wys op die puik groei potensiaal asook die gehar