Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 39

Die Dexter se prestasies spreek vanself: Hierdie tabel verteenwoordig data van die 2003 Sydney Royal en die 2003 & 2007 Melbourne Royal Skoue. Dit is saamgestel uit 1091 bulle wat 31 rasse oor al drie die skoue verteenwoordig het. EMA (Eye Muscle Area) (in cm²) per 100 kg van liggaamsgewig – rasgemiddeld ideale porsiegrootte met dikte gekombineer. As u ‘n stuk biefstuk van 350g bestel en dit is dun gesny, verloor mens al die sappigheid van die vleis! Met ʼn lekker Dexter biefstuk, gaan dit beslis nie gebeur nie! ʼn Interessante kenmerk van die vleis, is die donker kleur daarvan. Vleiskenners weet almal dat ligte kleur vleis ʼn teken is van sagtheid en donkerder vleis weer ʼn teken van smaak en geurigheid. Die donkerder vleis van selfs jong diere by Dexters, kombineer dus hierdie voortreflikhede en ek kan u waarborg dat as u eenmaal Dexter vleis geproe het, u nooit graag weer ander vleis sal eet nie. ʼn Verdere kenmerk van Dexter vleis, is die goeie marmering (marbling), wat sagtheid van die vleis beteken. Die Dexter se oogspier, wat verband hou met vleis- teenoor beenverhouding, is heelwat beter as die meeste beesrasse en maak dat dit ook baie voordelig om Dexters te slag. (Sien hierbo die spierverhouding teenoor ander beesrasse): Dexter; ‘n Waardige Kampioen Vir etlike jare reeds is die Dexter ras bekend as ʼn gedugte teenstander in die skouring in die interras kampioenskappe. In 2014 is ʼn Dexter bul, Amadeus Fred, ook aangewys as die opperste kampioen bul tydens Nampo. Sedert 2015 word daar nie meer ʼn opperste kampioen aangewys nie en vyf diere verkry nou spesiale vermelding. Die Dexter is nie net ʼn skoubees nie Daar is heelwat boere wat tans met Amadeus Fred, opperste kampioen bul tydens Nampo 2014