Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 38

Ockie Barnard, President van die Dextersgenootskap van SA D ie rekords van die Departement van Landbou dui aan dat die eerste invoere van Dexter beeste, deur Mev A.I. Conway, Firwoods, Paarl, gedoen is. Die bul, La Mancha Chief, vanuit die kudde van Mnr. R.T. Robertson, Malahide, Co. Dublin het in 1917 hier aangekom. Verdere invoere het plaasgevind in 1921, 1936 , 1938 en ook latere jare. Die ras het sy oorsprong in Ierland en daar word geskryf dat die ras reeds in die 16de eeu al bekend was. Dit maak dit waarskynlik dan een van die oudste beesrasse ter wêreld. Die eerste Dexter beeste was veral gewild onder die Merino skaapboere van die Karoo en daar word oorvertel dat hul dit hoofsaaklik gebruik het om hanslammers groot te maak. (Soms het glo tot soveel as 4 tot 6 lammers aan ‘n Dexter koei gedrink!) In 1953 is die stigtingsvergadering te Colesberg gehou en het die SA Dexter Genootskap van SA tot stand gekom. Hoekom Dexters? As mens iemand vra, ‘hoekom Dexters?’ sal jy waarskynlik uiteenlo- pende opinies kry, maar die volgende antwoorde word gereeld gehoor:  Dis die ideale dubbeldoel ras  Die Dexter koei produseer 10 x haar liggaammassa melk per laktasie periode en speen dan nog ʼn kalf van 52% en meer van haar liggaamsmassa. (Die gemiddelde speenpersentasie van die hele RSA se beeskuddes is maar 45,5%).  Die Dexter is baie lig op die veld. Die gemiddelde Dexter koei weeg ongeveer 260 kg tot 350 kg en bulle ongeveer 550 kg tot 700 kg. daarom kan jy drie Dexter beeste met uitstekende speengewigte aanhou in die plek van twee grootraam beeste.  Dit is hoogs winsgewend om met ‘n Dexter te boer. As jy die koeie soggens ook melk en saans die kalwers apart hou van die koei, word daar tussen vyf tot agt liter melk per koei geproduseer. As ons die laktasie tydperk op 200 dae bereken en jy verkoop melk aan jou buurman bv. teen slegs R6 per liter, bring so ‘n koei R6 000 tot R8 000 inkomste in en word ‘n kalf van 160 kg en selfs tot so- veel as 210 kg gespeen. As ons die inkomste baie konserwatief bereken, produseer so ‘n Dexter koei dus R9000 tot R11 000 en meer per jaar. As die koei egter nie gemelk word nie, kan die volgende vergelyking steeds getref word, nl. drie Dexter kalwers teen speengewigte van 160 kg = 480 kg wat mos uitstekend vergelyk met ‘n ander beesras se twee kalwers wat saam dan 480 kg moet weeg! (Min ander beesrasse sal hierdie uitdaging aanvaar!) Dexters produseer dus meer vleis per hektaar as meeste ander beesrasse. Langslewendheid en vrugbaarheid. Dexter verse word reeds so jonk as 12 tot 14 maande by die bulle gesit en die algemene vrugbaarheid van Dexter koeie is welbekend. Daar is al koeie opgeteken wat meer as 21 jaar oud geword het met ‘n aanwas van 19 kalwers oor haar leeftyd. Die Dexter se vleisgehalte In Suid-Afrika is min mense regtig bekend met die besondere gehalte van Dexter vleis. In Australië en die Verenigde Koninkryk is daar egter restaurante wat dit pertinent adverteer. In die eerste plek is dit die