Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 26

stabiliseer en vrugbaarheid kon verhoog. Organiese materiaal wat baie belangrik is in die voorkoming van wind- en watererosie, gaan dus verlore. Plantvoedingstowwe, veral stikstof en swael, verlaag en die grond raak progressief armer.  Sekere onkruide word deur bewerkingsaksies versprei. Onkruide wat goed aangepas is om vegetatief te versprei soos die bolletjies van uintjies, risome van kweekgras en lote van wandelende jood, word deur implemente versprei. Sade van onkruide soos duwweltjies steek in trekkerwiele en versprei deur en tussen lande.  Kompaktering van grond deur swaar implemente en bewerking by die verkeerde voginhoud, lei tot die vorming van ʼn verdigte laag ongeveer 20 tot 30cm onder die grondoppervlak, die sogenoemde ploegbank. Hierdie laag verminder die bewortelingsdiepte. Water en plantvoedingstowwe wat dieper in die grondprofiel is, is dus nie beskikbaar vir die plant nie. Grondbewerkingsbestuursplan Nadat die produsent die voor- en nadele van bewerking vergelyk het, moet hy ʼn grondbewerkingsbestuurplan vir sy spesifieke boerdery uitwerk. Die volgende vrae kan as riglyne dien: Wat is die klei-inhoud van die grond?  Is daar enige beperking wat wortelontwikkeling sal verhinder en op watter diepte kom die beperking voor?  Is daar ʼn spesifieke onkruidprobleem?  Is daar sigbare wind- of watererosieskade?  Moet ameliorante toegedien word?  Wat is die tipe en grootte van die saad wat geplant gaan word?  Is dit ʼn oorlêland om sodoende vog te bewaar?  Wat is die gemiddelde worteldiepte van die gewas wat beoog word om aan te plant?  Hoe sal die bewerkingspraktyk die boerderywins beïnvloed? Gaan terug na die vertakkingsbegroting en kyk na die gelykbreekpunt om verskillende opsies te oorweeg. Implemente vir primêre en sekondêre bewerking  Rysterplaatploeë: Begrawe onkruidsaad en oesreste diep in die grond; deurlug grond beter; vernietig swak gestruktuurde gronde se struktuur verder; bevorder winderosie; en word aanbeveel op swaarder goedgestruktuurde gronde.  Skottelploeë: Die smeeraksie