Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 24

Eric Louw Grondkundige, NWK Landboubestuursdienste V oordat daar op 'n geskikte bewerkingstelsel besluit word, is dit uiters noodsaaklik om kennis te neem van die grondtipe en ander faktore in die stelsel soos klimaat, terrein, gewas en implemente. Die sukses van 'n bewerkingspraktyk is 'n interaksie tussen hierdie faktore en sal verskil van een gebied/land na die ander. primêr wees om die bestaande struktuur van die grond te behou of swak struktuur te verbeter. Grondbewerking moet ook daarop gemik wees om waterinfiltrasie te optimaliseer, onkruid te beheer, evaporasie te verminder, grondtemperatuur te manipuleer, gronddiepte of effektiewe bewortelingsdiepte te verbeter en dus verbetering van wortelontwikkeling. Die doel met grondbewerking moet Bewerkingsmetodes affekteer Figuur 1: ʼn Land wat skoon bewerk is kieming van saad en wortelgroei deurdat grondtemperatuur gemanipuleer kan word en evaporasie verminder kan word sodat op die optimale plantdiepte geplant kan word vir vinniger kieming van die gewassaad. Die tipe bewerking affekteer ook die kwesbaarheid van die grond vir wind- of watererosie. Fyn gestruktuurde bogrond is vatbaar vir beide tipes erosie, terwyl gronde met 'n growwe struktuur meer stabiel is en minder erosie-