Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 18

Suid-Afrika geïnstalleer. Die gebruik daarvan in die wêreld het van 3 miljoen hektaar in 2000 tot meer as 13 miljoen hektaar in 2016 toegeneem. Dié tegnologie is uitstekend, dit het ‘n hoë graad van outomatisasie, die arbeidsbehoefte vir die bedryf daarvan is laag en ‘n hoë mate van uniformiteit van toediening word behaal. Dit is juis suksesvol omdat drupbesproeiing ’n metode is wat water teen ’n stadige beheerde tempo op die grondoppervlakte of regstreeks in die wortelsone toedien. Drupbesproeiing verseker suksesvolle produksie mits dit reg gekies, ontwerp, onderhou en bestuur word.