Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 10

grootste gedeelte van hul vrugte gaan na die Verenigde Koninkryk en die Verre Ooste wat meer vasteprysmarkte is , en plaas slegs 22 % van hul druiwe in Europa wat Handelsbesigheid is .
Op die vraag of sy B . Com graad in Logistiek vir hom in sy boerdery van waarde is , is sy antwoord : “ Verseker ! Jy moet logistiek sien as ‘ n lang ( koste ) ketting . Punt A tot punt B - hoe korter die ketting , hoe meer effektief kan jy tussen die twee punte beweeg en hoe vinniger en goedkoper sal dit geskied . In tafeldruifboerdery gebruik jy dit elke dag . Jy moet so produktief moontlik boer teen die goedkoopste koste .”
Oor uitdagings in Landbou in die 21ste eeu en oplossings daarvoor is sy reaksie : “ Ja , daar is twee belangrike uitdagings wat aandag benodig : � Aardverwarming – ons sal moet kyk na beter boerderytegnieke en aanpas by die veranderinge .
� Ekonomiese onstabiliteit / werkloosheid – ons sal moet kyk na ons arbeidwetgewing sodat dit kan bydra tot makliker werkskepping . “
Jacques het ook ‘ n bepaalde standpunt oor wat noodsaaklik is vir ‘ n suksesvolle boerdery :
“ Ek lewe volgens die woorde van Filippense 4:13 wat lui : Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee . Ek stel vir myself doelwitte en doen dan alles in my vermoë om sodanige doelwitte te bereik . Ek het ons boerdery op drie bene gebou : dit is belangrik om hoë produksie te handhaaf , die produk wat jy produseer moet aan die regte kwaliteit en standaarde voldoen en in die regte mark geplaas word . Ons kan dit slegs doen as die hart van die boerdery reg is , en dit is ons mense ! Ons móét belê in ons mense .”
Jacques som sy raad aan mede- jongboere en nuwe toetreders tot die landbou , soos volg op : “ Werk hard , wees altyd positief en gaan soek die geleentheid in elke situasie . Die belangrikste is om te leef volgens Lukas 6:44 “ Dra altyd goeie vrugte , want ‘ n boom word geken aan die vrugte wat hy dra .”
Voorwaar ‘ n rolmodel-landbouer en ‘ n inspirasie vir ons almal !