Agri Kultuur July / Julie 2018 | Page 50

Die Groot Plaasproe – van bok tot bier! Isabeau Botha V erlang jy na die plaaslewe en watertand plaaskos? Jy is nie die enigste een nie! Die Groot Plaasproe op Sandringham buite Stellenbosch is waar liefhebbers van tradisionele lekkernye vanjaar kan smul aan roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, wyn en méér, oor drie dae van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober 2018. Smulpape kan unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier) en gewilde eetgoed soos Karoolam-sosaties, Wagyu-hamburgers en handgemaakte roomys proe en koop. En as jy dink jy is die Kaap se Braaibroodjiekoning, skryf in vir The Braai Crew se braaibroodjiekompetisie! Die Groot Plaasproe beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied: Ontmoet meer as 300 verskillende diere, sien skaaphonde aan die werk en leer hoe wol gespin en koeie gemelk word. Kinders kan ‘n melkbok rondlei, op ‘n ponie ry en saam met AgriKultuur |AgriCulture miniatuurperde en -donkies kuier. Op Saterdag 13 Oktober kan groot en klein hul slag wys met boeresport en ‘n Groot Roomys- eet-kompetisie, sokkie en langarm op die maat van die gewilde kunstenaars Die Broers en Wynand en Chereé, of saam met 250 lyndansers leer lyndans met musiek deur Die Wildberries. Die fees vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar teen R100 vir volwassenes en R30 vir skoliere (gratis op Donderdag en Vrydag). Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Pensioenarisse betaal op Donderdag en Vrydag slegs R50. Vir meer inligting, besoek www. diegrootplaasproe.co.za, volg die Groot Plaasproe op Facebook, Twitter of Instagram, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of [email protected]. 50