Agri Kultuur July / Julie 2018 | Page 37

die groeiende aanvraag na kosprodukte, insluitende proteïenbronne, te voorsien. Die landbousektor moet ook toenemend aanpasbaar wees in ‘n wêreld wat snel verander. Hieroor het Dr. Van Zyl gesê: “Die daarstel van voedselsekerheid te midde van uitdagings in die sektor maak ons navorsing krities belangrik vanuit ‘n ekonomiese en ontwikkelingsoogpunt.” Hierdie veranderinge het ’n beduidende invloed op opleiding en navorsing. Dr. Van Zyl verduidelik dit soos volg: “Die veranderende konteks en nuwe uitdagings in hoër onderwys en die landbousektor noodsaak ons om anders ons aanbod en onderrig te dink.” Die departement, een van die oudstes in die land, is daarom aan die voorpunt wat betref die gebruik van nuwe tegnologieë om veekundige en verwante bedrywe te help vernuwe. “Ons lei nie meer soseer landboupraktisyns op nie maar professionele wetenskaplikes, wat ook met sukses tot boerdery kan toetree en of in bedryfsverwagtinge kan voorsien,” het hy verduidelik. Studente wat graad AgriKultuur |AgriCulture kry in die departement werk, onder meer, as konsultante, entrepreneurs, tegnici, landbouvoorligtingsbeamptes, in produk- ontwikkeling of as bestuurders in veekunde en verwante bedrywe. Hulle word onderrig in die studie van die voeding, teling, fisiologie en produksie van plaasdier- en wildspesies, insluitende wild- en akwakultuurspesies. Landbou-onderrig is van die duurstes aan ‘n tersiêre instelling (naas medies en ingenieurswese) omdat gespesialiseerde fasiliteite en heelwat praktiese ervaring word benodig. Dit noop universiteite om toenemend vennootskappe met die privaatsektor te sluit, met betrekking tot beide opleiding en navorsing. Dr. Van Zyl glo universiteite gaan voortaan daarom al hoe meer op hul self aangewese wees om finansiering vir navorsing te verseker. Oor die komende paar jaar wil Dr. Van Zyl poog om nouer bande met die (landbou) sektor te fokus. “Dit is van sleutelbelang dat ons toepaslike opleiding verskaf en navorsingsuitsette lewer wat die ekonomiese lewensvatbaarheid van landbou in ons streek en elders op die vasteland kan help verseker.” 37