Agri Kultuur July / Julie 2018 | Page 36

Nuwe departementshoof aangestel in Fakulteit AgriWetenskappe

Jorisna Bonthuys
“ Die landbousektor benodig deesdae uiteenlopende vaardighede , asook praktiese én tegniese kundigheid . Dit is die soort studente wat ons moet toerus vir die toekoms .”

Só sê Dr . Brink van Zyl , nuwe departementshoof van die Universiteit Stellenbosch ( US ) se Departement Veekundige Wetenskappe .

Die dae dat ’ n student gaan boer sodra hy of sy die skool verlaat , is lank reeds verby – die bedryf het heeltemal verander en daarmee saam die manier hoe opleiding verskaf ( moet ) word . Deesdae moet feitlik elke segment van die landbousektor die jongste tegnologie en insette van verskeie vakdissiplines inspan om ekonomies lewensvatbaar te bly , sê hy .
Dr . Van Zyl , ’ n boorling van Kimberley , het vroëer sy doktorsgraad en MBA aan die US verwerf . Hy is die afgelope jaar verbonde aan die universiteit as dosent . Dr . Van Zyl het meer as 25 jaar ondervinding in die privaatsektor , onder meer wat betref uitgebreide veeboerdery en aanvullende voeding . Hy was voorheen werksaam by AFGRI Veevoer as herkouer-spesialis en tegniese bemarkingsbestuurder en by Transvaal Suiker Beperk ( Molatek Animal Feeds ) as verkoopsbestuurder .
Dr . Van Zyl sien uit na die uitdagings van die pos . Hy het ’ n akademiese invalshoek op sake en glo sy ervaring in die privaatsektor sal handig te pas kom in sy nuwe rol . “ Ek wil onder meer fokus daarop om nouer met die ( landbou ) sektor saam te werk ,” het hy gesê . “ Ek beskou dit as ’ n belangrike deel van my taak hier om jong professionele kundiges op te lei wat suksesvol die oorgang kan maak vanaf ’ n student na die werksomgewing .”
AgriKultuur | AgriCulture
Die landbousektor het ingewikkeld geraak , het Dr . Van Zyl gesê . Dit hou verband met hoe tegnologiese en ander ontwikkelings wat op landbou van toepassing is , grootskaalse omwenteling meegebring het .
Landbouproduksie sal die volgende 40 jaar waarskynlik moet verdubbel om in
36