Agri Kultuur July / Julie 2018 | Page 32

Krities dat boere nou slenkdalentstof bestel! Bonita Francis NWKV D ie eerste uitbraak van Slenkdalkoors sedert 2011 is op 28 April 2018 naby Jacobsdal in die Letsemeng plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat aangemeld. Volgens die amptelike OIE verslag soos gerapporteer deur Departement Landbou, Bosbou en Visserye het 250 skape uit ‘n trop van 600 gevrek. Wolproduksiestatistiek van Cape Wools SA (CWSA) toon dat wolverliese van nagenoeg 7 147 miljoen kilogram ter waarde van R750 miljoen tydens vorige uitbrake van Slenkdalkoors tussen 2010 en 2012 voorgekom het. Indien vleisinkomste ook in aanmerking geneem word, is dit ‘n astronomiese verlies R2.253 miljard!! Enige uitbraak van Slenkdalkoors lei verder daartoe dat uitvoere van wol na Sjina vanuit die betrokke munisipale gebied van die uitbraak verbied word. Dit geld vir alle wol wat in die voorafgaande drie maande voor ontvangs by makelaarstore uit die betrokke munisipale gebied kom waar Slenkdalkoors voorgekom het. Mnr. Leon de Beer, hoofbestuurder van die NWKV rig ‘n ernstige, dog dringende versoek aan boere om onmiddellik bestellings vir Slenkdalentstof by koöperasies te plaas sodat Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) ‘n aanduiding kan kry van die behoefte na entsof en gevolglik betyds voldoende entstof kan vervaardig. Veeatse maan dat Slenkdalkoorsuitbrake in die komende seisoen verwag kan word. Produsente word verder versoek om met hul plaaslike veearts te skakel vir professionele advies om hul kuddes teen die siekte te beskerm en ‘n herhaling van die gevolge van die vorige uitbraak te verhoed. Photo: Madeline Kriel AgriKultuur |AgriCulture 32