Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 64

M y naam is Madelé Burger, oftewel, Toortsie. In Julie 2014 was ek moedeloos! Ek het alreeds elke moontlike gewigsverliesprogram probeer, baie goed daarmee gedoen, net om sodra ek my doelgewig bereik het, weer alles en nog meer op te tel. Al hoe meer is gepraat van die ‘Tim Noakes Dieet’ waar jy nie meer stysels en suiker inneem nie, maar eerder die vetter kosse, saam met groente natuurlik. Ek was nog só gekondisioneer deur die ou skool, ‘n mens moet net matig en gebalanseerd eet, dat ek aanvanklik nie wou byt aan hierdie nuwe idee nie. Die probleem is, ek hét gebalanseerd geëet, net om vetter en vetter te word! Op 27 Julie 2014, met ‘n gewig van 96.7 kg het ek die groot besluit geneem om hierdie eetplan te volg en sedertdien het ek nog nooit teruggekyk nie. Tans weeg ek 81 kg. Ek besef dat daar baie interpretasies is van hierdie eetplan, party sê jy mag vrugte eet, die ander een sê nee. Sommiges sê, tel jou koolhidrate, die ander sê dis nie nodig nie. Party ‘skole’ sê dat jy vir die eerste week geen groente moet eet nie, ander sê eet groente by elke ete. Ek glo dat ‘n mens moet kies watter een van die baie skole jy gaan volg en dan daarby hou. Ekself volg Banting soos beskryf deur Prof Tim Noakes in The Real Meal Revolution . Ek skryf ook op my blog, toortsie.com en die lae-koolhidraat e-gids, www.lowcarbdirect.net oor my Bantingreis. Ek het die boek, Toortsie se Bantingboerekosboek uitgegee waarin maklike kos vir gewone kombuise saamgevat is. My Bantingreis is ook daarin beskryf. Die Engelse weergawe, "Toortsie's Banting Bash!" verskyn binnekort . U kan op hierdie skakel kliek as u dit sou wou bestel: https://toortsie.com/ bestel-toortsie-se-bantingboerkoshier/ Groetnis, Toortsie