Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 56

Artikel voorsien deur Engel & Völkers Agri Kultuur gee hierdie maand blootstelling aan bome- veral die wat inheems is en wat nie net vir mens en dier skuiling, kos en vreugde verskaf nie maar ook die vermoë het om volhoubare voeding en voedingstowwe aan ‘n ewiggroeiende bevolking te kan verskaf. Afhangend van die streek waarin jy bly, bied die natuur en jou omgewing ‘n groot verskeidenheid van boomspesies wat jou spesifieke behoeftes sal pas. Hetsy dit vir die vrugte, die blomme, windbrekers, skuiling en ander doeleindes is, is daar ‘n boom wat jou hart en sak sal pasl. Kyk dus uit vir AgriKultuur se bydraes oor die Kremetartboom, Adansonia digitat -‘n unieke voorbeeld van aristokrasie, ‘n bron van skoonheid vir die kunstenaar en fotograaf, skuiling vir mens en dier, heilsame vrugte met hoë voedingswaarde, bergplek vir water, wegkruipplek vir insekte en klein soogdiere en rituele konnotasies vir menige volke in Afrika, Madagaskar en Australië. Inderdaad, wie het gedink dat dié boom as verskillende spesies sou ontwikkel in die gebiede en vandag vir ons ‘n aanduiding verskaf van die dae toe Pangaea en Gondwanaland ontwikkel het en daarmee ook bevestig het dat Madagaskar, Afrika en Australië op ‘n stadium ‘n eenheid gevorm het? (Red). B ome is 'n integrale deel van ons omgewing, ons leefstyl – en uiteintlik ook ons oorlewing. Om 'n boom te plant val nie net in die tuinwerk kategorie nie, maar ook in die energie effektiewe/groen kategorie dus ‘n belegging vir die toekoms. HIER IS 'N PAAR INTERESSANTHEDE OOR BOME: Bome beveg klimaatsverandering Bome absorbeer CO2 gasse. In 1 jaar kan ongeveer 0,4ha volwasse bome dieselfde hoeveelheid CO2 absorbeer as wat 'n gemiddelde motor in meer as 40 000 km vrylaat. Bome hou die lug skoon Bome absorbeer nie net CO2 nie, maar ook sekere besoedelende gasse en filter klein deeltjies uit die lug uit. Bome verskaf suurstof In 1 jaar kan ongeveer 0,4ha volwasse bome genoeg suurstof vir 18 mense voorsien. Baie stede regoor die wêreld belê hierin as die sg. “Groen Longe” van ‘n stad. Verkoelingseffek Bome verkoel die omgewing met skadu en vog en verminder sodoende die hitte-eiland effek. Die temperatuur in stedelike gebiede is dikwels amper 9°C warmer as in areas met ‘n swaarder boombedekking en kan sodoende verkoelingskostes verminder. Windskerm Bome wat strategies geplant word kan wind afkeer Foto: Chris Kriel Die reuse van die Tsitsikama-woude in Suid-Afrika is meesal die Outeniqua Geelhout (Podocarpus falcatus)