Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 37

gedra word dat die fabriek eers optimaal funksioneer voordat beweiding weer plaasvind. Meer navorsers moet spreekwoordelik in die toekoms ondergronds beweeg ten einde die volle bydrae van die plant se wortelstelsel tot volhoubare diereproduksie te ontrafel. Hierdeur sal die volle prentjie van die verskillende weiveldbestuursbenaderings (lae benuttingsbenadering en hoë benuttingsbenadering) se voor en nadele duideliker uitgewys kan word. Daar moet dus nie net na die bogrondse produksiepotensiaal gekyk word in besluitnemings nie, maar deegliker besef word dat die bo- en ondergrond afhanklik is van mekaar. Foto 1. Graswortels uitgewas Kennis oor plantegroei en die benutting daarvan is veranderlike hulpbronne waaroor die boer wel beheer het. Verder moet die veeboer nie alleen waarneem wat gebeur met die omgewing, klimaat, voeding, tegnologie, diere en hul produksie nie, maar hy moet die waarnemings behoorlik monitor. Om te monitor beteken om vrae soos wanneer, wat, waarom, hoe, hoeveel, en wie te beantwoord en hierdie antwoorde op rekord te plaas om as verwysingsbron te dien in toekomstige besluitnemingsprosesse. Hoe fyner die waarnemings gemaak word en hoe deegliker die monitering geskied, hoe groter die vooruitsigte vir sukses. Gids tot volhoubare produksie van weiding Tweede uitgawe nou beskikbaar R400 plus Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan weidingboek.” ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!