Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 9

Innoverende vennootskappe lei tot volhoubaarheid in die wynbedryf Suid-Afrika se wynbedryf, tans die agtste grootste wynprodusent in die wêreld, is tydens die jaarlikse konferensie van die American Association of Wine Economists, wat hierdie jaar in Stellenbosch gehou is, as ’n ‘sukses deur diversiteit’ beskryf. Tydens dié konferensie is ’n glasie geklink op ons wynbedryf se diversiteit ten opsigte van geologiese en klimaatnisgebiede, wat van die Fynbos-bioom in die Kaapse Blommeryk tot die semiwoestynagtige Gariep strek, sowel as ons verskeidenheid kelders, wat van produsent, privaat en groothandelsonderneming tot familie-, landgoed-, bemagtigings- en leefstylprodusent wissel. Die uitdagings en geleenthede van die toekoms sal ongetwyfeld met voortgesette veerkragtigheid die hoof gebied en benut word, en innoverende vennootskappe sal ’n integrale deel van die bereiking en handhawing van volhoubaarheid uitmaak. Nedbank bevorder en moedig volhoubaarheid aan in sy innoverende vennootskappe met die bedryf. Een so ’n baanbrekervennootskap tussen die wynbedryf en die bewaringsektor is die biodiversiteit-en-wyninisiatief (BWI). Dit is in 2004 op die been gebring onder leiding van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika, Conservation International en die Nedbank-befondsde Groen Trust met die doel om unieke spesies in die Kaapse Blommeryk, ’n tuiste vir unieke plantdiversiteit wat as ’n Wêrelderfenisgebied erken word, te beskerm. Van ’n beskeie begin as ’n klein, toegewyde span, het BWI ontwikkel in ’n volwaardige program wat in WWF-Suid-Afrika (WWF-SA) gehuisves word, ondersteun en befonds deur verskeie vennote, wat nie net natuurlike habitat beskerm nie, maar ook wynprodusente en -kelders aanmoedig om volhoubaar te boer. Deelnemende wynprodusente en -kelders word as lede of kampvegters gegroepeer. Lede hou by die bedryf se bestepraktykriglyne ten opsigte van omgewingsertifiseringskemas wat Geïntegreerde Wynproduksie genoem word, maar hulle doen veel meer deur hulle verbintenis tot die nakoming van biodiversiteitspesifieke riglyne te toon. Kampvegters word onderskei deur hulle leierskap in beste praktyk en hulle verbintenis om 10% van hulle plase vir bewaring opsy te sit. Die inisiatief spog met 175 lede, 29 kampvegters en 136 000 ha grond onder bewaring. Die voordele vir die bedryf sluit in die gebruik van biodiversiteit as ’n mededingingsmarkvoordeel, gratis advies deur die BWI-span om volhoubare boerdery te bewerkstellig en omgewingsrisiko’s te verklein, en die vermoë om in vennootskap met die bedryfsrolspelers soos Wyne van Suid-Afrika (WOSA) Daneel Rossouw Nedbank Besigheidsbanksake, Afdelingsbestuurder: Landbou (Kaap) Tel: 021 807 2210 E-pos: [email protected] biodiversiteit in wynidentiteit te bou en te kommunikeer. Die bewaringsektor het gebaat by die hektaar onder bewaring, wat ’n kritieke rol speel in die bestuur en beskerming van lewensnoodsaaklike water-, grond- en energiehulpbronne. Produsente en kelders se pogings ten opsigte van en hulle verbintenis tot volhoubaarheid word in die Nedbank Groen Wyntoekennings erken en beloon, en BWI-lidmaatskap dien as ’n belangrike maatstaf vir volhoubaarheid. Nedbank se jarelange verhouding met WWF-SA het in 2012 uitgeloop op die ontwikkeling van ’n driejaar-vennootskap om volhoubare landbou te beloon en aan te spoor. Wyn is ’n sleutelfokusgebied van hierdie vennootskap, met volgehoue pogings deur Nedbank Agribesigheid en die WWF Volhoubare Landbou-span om die beoefening van volhoubare landbou aan te moedig en te bevorder. Nedbank ondersteun ook jong toetreders tot die bedryf deur die Kaapse Wynmakersgilde se Protégé-program, wat in 2006 onder die beskerming van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust bekend gestel is en bevorder denkeleierskap deur sy borgskap van die jaarlikse Nedbank VinPro-inligtingsdag. Ons moedig produsente en kelders aan om met ons in verbinding te tree om hulle biodiversiteitsverhaal met ons te deel en ’n gesprek aan te knoop oor hoe ons hulle op hulle reis na volhoubaarheid kan bystaan. Vir meer inligting hieroor en oor ons gespesialiseerde dienste tree gerus in verbinding met Daneel Rossouw, Nedbank Besigheidsbanksake se Afdelingshoof vir Landbou in die Kaap, by 021 807 2210 of by [email protected]. Nedbank Beperk Reg No 1951/000009/06. Gemagtigde finansiële diens- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP16). SPONGE 5260