Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 8

Saamgesel deur Chris Kriel B ewaringsboerdery (BB) is ‘n benadering waarvolgens agro-stelsels met die oog op verbeterde en volgehoue produksie, verhoogde wins en voedselsekuriteit bestuur word en waartydens die hulpbronbasis en die omgewing bewaar word. BB word gekenmerk deur drie onlosmaaklike beginsels naamlik: deur ander bekende goeie praktyke soos die gebruik van kwaliteit saad en geintegreerde pes-, voeding- en onkruidbestuur ens., is BB ‘n basis vir volgehoue en geïntensifiseerde landbouproduksie. Dit baan voorts die weg vir die integrering van ander produksiesektore soos oeslewende-hawe en bome-en-weiding in die landbou-omgewing.  Volgehoue minimum meganiese grondversteuring  Permanente organiese grondbedekking  Diversifikasie van oesspesies wat in opeenvolging aangeplant word en/of kombinasies daarvan Akkerbou word normaalweg verbind met die ploeg as primêre toerusting waarmee grond verwerk word. Die ploeg van grond, so is vroeër gedink, verhoog vrugbaarheid, wat sy oorsprong het in die mineralisering van grondstowwe wat die gevolg is van grondbewerking. Op die lange duur het dit egter die vermindering van grondorganiese kwaliteit tot gevolg. Grondorganiese materiaal voorsien nie net voedingstowwe aan die oes nie maar is ook, bo alles, ‘n noodsaaklike element in die stabilisering van grondstruktuur. Gevolglik veroorsaak langdurige bewerking op die konvensionele wyse, die vorming van ‘n kors en kompaksie wat lei tot gronderosie. Die proses is veral dramaties onder tropiese klimaatsomstandighede en kan regoor die wêreld waargeneem word. Die voortdurende “skeur” van die grond deur hierdie tipe landbou-implemente het uiterste langtermyn agteruitgang van die grondstuktuur tot gevolg. BB beginsels is universeel toepasbaar in alle landbou-omgewings en grondgebruike, met slegs plaaslik aangepaste praktyke. BB bevorder biodiversiteit en natuurlike biologiese prosesse bo en onder die grondoppervlak. Ingrypings m.b.t. die grond soos meganiese grondversteuring word met BB verminder tot ‘n absolute minimum of totaal uitgeskakel en eksterne insette soos agro-chemiese middels en voidingstowwe van minerale of organiese oorsprong word optimaal toegedien op wyses en hoeveelhede wat nie met die biologiese prosesse bots nie. Bewaringsboerdery fasiliteer deeglike boerdery, tydige optrede en die totale verbetering van grondbestuur onder droëland- en besproeiingproduksie. Gekomplimenteer Gronderosie as resultaat van grond- bewerking het talle rolspelers genoop om na alternatiewe te kyk om die afbreekproses om te keer. Die logiese alternatief is noodwendig die vermindering van grondbewerking. In die laaste twee dekadeds het die tegnologie in die verband verbeter en aangepas om vir feitlik elke plaas-, grond-, oestipe en klimaatstreek voorsiening te maak. Praktiese ervaring en ondervinding met die nuwe benadering word steeds ingewin en ontwikkel. Laasgenoemde het gewys dat hierdie tegnieke, wat opgesom word as Bewaringsboerdery (BB) metodes, heelwat meer behels as slegs die vermindering van meganiese grondbewerking. In grond wat vir ‘n aantal jare nie geploeg is nie, het die oesoorblyfsels op die grondoppervlak agtergebly en ‘n laag molm tot gevolg gehad. Hierdie laag beskerm die grond teen die fisiese impak van reën en wind maar dit stabiliseer terselfdertyd die grondwater en temperatuur in die oppervlaklae. Sodoende word dié sone, ‘n habitat vir ‘n menigte organismes; van groter insekte tot grondgebonde fungi en bakterië. Hierdie organismes verwerk die molm, inkorporeer en meng dit met die grond waar dit verrot tot kompos wat op sy beurt bydra tot die fisiese stabilisering van die grondstuktuur. Terselfdertyd dien die grondorganiese materiaal as ‘n buffer vir water en voedingstowwe. Dit skep voorts stabiele grondsame-