Gestopte Wildsrol
2 kg wildsvleis (boud of blad)
250 g ontbytspek
250 ml rooi wyn
250 ml water
30 ml olyfolie
Vulsel:
200 g varkspek, in klein blokkies gensy
250 g sampioene, fyngekap
1 klein uit, fyngekap
15 ml fyngekapte vars roosmaryn
5 ml fyngekapte vars tiemie
10 ml knoffel, fyn gedruk
5 ml fyn koljander
5 ml sout
2 ml gemaalde swart peper
Metode:
Meng al die bestanddele vir die vulsel.
Vlek die vleis, en plaas vulsel op die vleis.
Rol vleis op en bind vas met tou.
Draai ontbytspek om die vleisrol, steek vas met tandestokkies.
Verhit olie in ‘n swaarboom kastrol en braai die rol bruin aan alle kante.
Verlaag tempratuur, voeg wyn en water by en laat prut tot gaar.
Laat vleis ‘n paar minute rus, sny in skywe, verwyder tandestokkies en tou, en dien op.