Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 53

Losgoed Daar moet ‘n deeglik uiteengesette lys wees van die losgoed wat verkoop word.Die verkoper moet daarteen waak om kleiner losgoed soos grawe, skêre, gereedskap ensovoorts te spesifiseer aangesien dit dikwels breek of wegraak voor die koper oorneem. Werknemers Daar moet ‘n lys wees van die werknemers wat tans in diens is van die verkoper asook van vorige werknemers wat verblyfreg geniet op die plaas. Onthou dat die koper die werknemers op voorwaardes moet aanstel wat nie swakker mag wees as wat hulle by die verkoper gehad het nie. Datum van besit Die kontrak moet duidelik uitspel wanneer die koper besit neem en wanneer die risiko en wins en verlies op die koper oorgaan, asook die okkupasiehuur wat betaalbaar sal wees indien registrasie na datum van besit plaasvind. Kostes Die kontrak moet duidelik bepaal wie verantwoordelik is vir kommissie, oordragkoste, sertifikaat van goedkeuring ens. Boerdery verwante aandele Die verkoper moet daarop let dat die koper alle aandele by koöperasies waar hy produkte gelewer het oorneem, anders kan die koöperasies hom dalk nog verantwoordelik hou vir kostes in die toekoms, al lewer hy geen produkte meer nie. BEE transaksies By bemagtigings transaksies moet die verkoper onthou dat hy moontlik lank vir sy geld gaan wag. Hy moet dus seker maak dat hy in die tussentyd genoeg inkomste het om van te lewe. Soos reeds genoem is elke transaksie waar landbougrond ter sprake is uniek en sal elke transaksie sy eie uitdagings en probleme hê. Bogenoemde punte is net ‘n aanduiding van kwessies wat gereeld opduik en moet geensins gesien word as ‘n volledige resep om ‘n suksesvolle transaksie te beklink nie. Die beste raad bly steeds om jouself met kundiges te omring wat jou belange op die hart dra. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Upington (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser Worcester (Edms.) Bpk. raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige beleggingsbesluite geneem word.