Photo: www.youtube.com
‘n Eenvoudige goedkoop
sproeisisteem voer die
voedingstofryke oplossing na die
wortelstelsel. Kratte van herwinde
plastiek met ‘n deksel wat dig sluit
is ‘n goeie manier om jou eie
aeroponika stelsel mee te bou.
Met toenemende bevolkingsgroei
en die toenemende druk wat op
natuurlike hulpbronne geplaas
word, het die verbouing van
voedsel met die oog op
voedselsekerheid meer noodsaaklik
geword en navorsing oor nuwe
metodes van produksie, in
toenemende mate gestimuleer.
Aeroponika is een hiervan en
vandag word groot bedrae geld
wêreldwyd hieraan bestee.
Voordele van Aeroponika
Feitlik enige plant kan in ‘n
aeoroponiese stelsel gekweek word.
Plante groei vinniger, gee ‘n groter
opbrengs en is gesonder as plante
wat in grond gekweek word. Dit
benodig minder spasie en maak dit
dus ideaal om binnenshuis te
kweek. Geen groeimedium word
benodig nie. Voorts benodig die
stelsel slegs dat die wortels van die
plant in ‘n verdonkerde houer
periodiek met ‘n voedingstofryke
oplossing bespuit word. Hierdie
eenvoudige tipe stelsel veroorsaak
dat plante vertikaal gestapel kan
word en derhalwe minder spasie
opneem as konvensionele stelsels.
Photo: www.naturallyearthfriendly.com
Die deksel se gate is groot
genoeg om plek te maak vir
die saailinghouers.Die
kleibolletjies in die mandjies
kan ook vervang word met
enige ander medium soos
klein klippies.
Photo: www.makezine.com
Wat jy ookal beoog, met
aeroponika kan kan jy in ‘n baie
klein area, ‘n groot klomp plante
inpas met gevolglike hoer
opbrengs in geval van groente
en meer kleur in die geval van
blomme.
Aangesien ‘n groeimedium nie
benodig word nie, is die massa van
die plantmateriaal feitlik al
waarmee rekening gehou moet
word en is aeroponika derhalwe
geskik vir areas wat nie swaar
gewig kan dra nie.
Beperkings van Aeroponika
Aangesien aeroponika gebruik
maak van ‘n baie fyn missproei is
die verstopping van die sproeiertjies
dikwels ‘n probleem. Dit kan egter
voorkom word deur gereeld jou
spuitstelsel deeglik te spoel.
Met die toeding van periodieke
sproei van die oplossing is
suustofbelugting van die wortels
hoër en bevogtiging konstant. Die
wortelsteselle ontvang dus 100%
van die beskikbare suurstof en
koostofdioksied wat tot gevolg het
dat plante langer en vinniger groei.
Dit verhoog die groei van biomassa
en verkort die tydperk van
wortelvorming.
Daar is heelwat inligting beskikbaar
vir die voornemende
aeoroponikaboer. Gaan krap gerus
rond op die internet en soek bietjie
rond om beskrywings en selfs
video’s te sien wat jou voorkeure en
begroting sal pas.
Soos in die geval van hidroponika
en akwaponika, verbruik
aeroponika 90% minder water as
konvensionele grondgebaseerde
boerdery.
Omdat die mikro-omgewing beter
beheer kan word, kan feitlik enige
soort plant suksesvol gekweek word
wat dit meer voordelig as hidro- of
akwaponika maak.
Die grootste nadeel van aeroponika
vir die normale persoon is dat dit
nie sommer ‘n terloopse manier van
boerdery is nie. Anders as
grondgebaseerde boerderypraktyke
kan jy nie sommer net saad in die
grond druk en hoop vir die beste
nie. As jy egter nie bang is vir ‘n
bietjie huiswerk nie, is daar ‘n groot
verskeidenheid stelsels wat jou in
staat sal stel om suksesvol met
aeroponika tuis, by wyse van DDS
metodes, te boer.
Sien ook in ons leefstyl gedeelte,
hoe om jou eie Aeroponika stelsel
te bou.
Bronne:
www.wikipedia.org/wiki/Aeroponics
www.rocketswag.com/gardening/Hydroponics/aeroponics/History-Of-Aeroponics.html
www.farmxhange.org/diy-aeroponics/
www.gardeningknowhow.com/garden-how-to/projects/diy-aeroponics-how-to