sal anders lyk. Wees egter bedag
daarop om nie te oorkapitaliseer
nie. Die mooiste kleinskaalsestelsels
vir die agterplaas kan van die winkelrak af gekoop word, maar dit is
gewoonlik taamlik duur en die stelsel kan teen `n fraksie van die prys
self gebou word.
Die slaaiplantjie saailinge kos sowat
80 sent elk by ‘n kwekery. Die uitge
-groeide slaai plant met wortels
aan kan as ‘n lewende slaai plant
teen R 7,00 per plant aan die winkel verkoop word. Die winkel sal dit
weer teen R 11,00 kan verkoop aan
die verbruiker. Dié slaaiblare word
dan van buite af gebruik en omdat
die plant nog lewe met sy wortels
aan, bly die binneste blare langer
vars. Dit is dus raadsaam om van
meet af aan jou eie begroting of
koste-struktuur op te stel vir jou
beplande akwaponikaprojek.
Ons akwaponikanavorsing is nog
maar aan die beginstadium en ons
het nog baie om te leer. Die uitdagings vir die akwaponikategnologie lê onder andere daarin om dit
ekonomies volhoubaar te kan
doen, die water in die winter warm
te hou vir die tilapia visse en die
bemarking van die plante effektief
te bestuur.
Akwaponika Werkwinkels by die Universiteit van Stellenbosch:
Inleiding tot Akwaponika – 26 September 2014
Basiese Aspekte van Akwaponika - 17 Oktober 2014
Gevorderde Aspekte van Akwaponika - 24 Oktober 2014
Vir meer inligting oor Akwaponika,
Kontak Henk Stander, Algemene Bestuurder van die Akwakultuur Divisie in die
Departement van Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch.
E-pos: [email protected]