plantings, veral as daar ʼn opeenvolging van besproeiingsmielies
plaasvind.
Waarop berus die beheer van
MSV?
Soos met die meeste plantsiektes is
daar gewoonlik nie ʼn enkele
oplossing (“Silver bullet”) wat ʼn
waarborg sal wees teen geen siekte
nie. In die geval van MSV is dit self
nog meer kompleks omdat die
beheer daarvan toegespits moet
word op die virus en die bladspringer. Die uiteindelike beheerstrategie is daarop gemik om te
voorkom dat die bladspringer lank
genoeg en op die kritieke stadium
van die mielieplant voed om die
virus te kan oordra. So al het ʼn
mieliebaster ʼn mate van toleransie
moet die getalle van die bladspringer steeds so laag as moontlik
gehou word aangesien die beste
pogings om die siekte te verdra nie
voldoende sal wees as die druk
swaar is, en die plant uiteindelik
bloot ingee nie.
Risikobestuur berus dus op ʼn
kombinasie van maatreëls.
1. Bestuurspraktyke
Plantdatum en wisselbou kan
die voorkoms van MSV
verminder.
Onkruidbeheer om bron van
vektore te verminder.
ʼn Verhoogde kunsmistoediening
kan ook MSV verliese verminder.
2. Weerstand is veral effektief en
meer sigbaar in basters wat
geteel en ontwikkel is in areas
waar die siekte endemies
voorkom.
3. Chemiese beheer
Kan mens die bladspringer
getalle laag hou?
Tot ʼn mate maar dis geen maklike
taak nie. Natuurlik speel iets soos
goeie onkruidbeheer ʼn groot rol
aangesien die bladspringers op
grasse, bosse en ander onkruide
kan oorleef. Sodra daar dan
geïsoleerde mielies in die omgewing is wat jonk en kwesbaar is sal
die bladspringers bloot daarheen
migreer en konsentreer waar dit
groot skade sal veroorsaak. In die
geval van matige winters oorleef
baie van die bladspringers en is die
druk net soveel groter in die nuwe
seisoen. In besproeiingsareas is
daar ook heelwat ander gewasse
wat as ʼn groenbrug kan dien om
die bladspringers dwarsdeur die
jaar aan die gang te hou (bv.
lusern, koring ens). Weereens sodra
die koring verwyder word en dus
die bron van voeding vir die bladspringers, soek dit na nuwe
voedingsbronne en beweeg die
bladspringers net daarvan na die
jong mielies toe.
Is daar Suid-Afrikaanse basters
wat bestand is teen MSV?
Daar is feitlik geen mieliebasters in
die kommersiële mark wat voldoende weerstand het om die virus
totaal en al te beheer nie. In gevalle
waar boere meen dat die baster
meer bestand is as ʼn ander reg
langsaan is dit waarskynlik eerder ʼn
geval van siekte-ontsnapping. Die
plantdatum en die groeiklas van die
betrokke baster bepaal tot ʼn groot
mate of die bladspringer op ʼn
sekere aanplanting voed en ʼn ander
een vermy. MSV is ʼn virus wat
uniek is aan die Afrika kontinent.
Hoewel van die plaaslike geteelde
Afrika mieliebasters in sommige
gevalle oor ʼn mate van toleransie
beskik – met ander woorde dit kan
die siekte verdra, en alhoewel daar
steeds koppe vorm al kom daar
simptome op die plant voor, spring
die plante egter nooit die siekte
heeltemal vry nie.
Hoekom is daar mieliebasters op
die mark wat so baie vatbaar is
vir MSV en wat is die rede dat ons
meer MSV in die kortgroeiers
sien?
Opbrengs en siekteweerstand is in
meeste gewasse negatief gekorreleerd. Boere streef gedurig na
hoër opbrengste of sekere groeiklasbasters wat dit moontlik maak
om dit in sekere areas te kan plant,
teen hoër plantpopulasies. Basters
uit die vinniger groeiklasse maak
ook aanplantings van opvolggewasse makliker. Hierdie tipe
mieliebasters maak dit ook moontlik dat die plantperiode oor ʼn
langer tyd kan strek en daar dikwels
ʼn opeenvolging van jong plante is
wat kwesbaar is.
Van die basters in die vinnigergroeiklas blyk dus meer vatbaar vir
MSV te wees. Hierdie basters is
geteel met hoë opbrengspotensiaal
en eienskappe soos om staan-