Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 29

spesiale verwantskap tussen die virus en die bladspringer. Hoe werk die verwantskap tussen virus en vektor? Die enigste natuurlike wyse van oordrag is deurmiddel van bladspringers. Die vektor verkry die virus in so min as 15 sekondes nadat dit die mesofil van ʼn besmette blaar gepenetreer het. Na ʼn latente periode van 6-12 uur kan dit die virus oordra na mielies binne ʼn 5 minute voedingsperiode, die tyd wat dit vir die insek se stilet neem om die floëem (vaatweefsel) van ʼn mielieblaar te bereik. Die latente periode verteenwoordig die tyd wat die virus benodig om van die insek se maag deur die hemoseel* tot in die speekselkliere te beweeg, waar dit eers beskikbaar is vir oordraging. Die lengte van hierdie tydperk is afhanklik van temperatuur en kan 6-12 ure by 30 °C of 85 uur by 16 °C duur. Sodra die vek-tor die virus eenkeer opgeneem het, kan hy dit lewenslank oordra. MSV kan deur al 5 nimfale instar stadia van C. mbila verkry en oorgedra word en behou die virus selfs na vervelling. Dit vermeerder egter nie as sodanig in die vektor nie. Die virus kan nie oorgedra word na die volgende generasie insekte deur die eiers nie. Die virus konsentrasie in die plant, die lengte van die voedingsperiode, en die tydsduur van inokulasie beïnvloed die frekwensie van oordrag en volharding van MSV in die insekte. *Die hemoseel is die belangrikste liggaamsholte van ongewerweldes, soos insekte. Insekte besit nie ʼn bloedvatstelsel soos dié in soogdiere nie. In plaas daarvan het insekte ʼn holte wat vol insekte bloed (bekend as hemolimf) is en die organe van die insekte kom hier in suspensie voor. Dit beteken dat die organe nie ʼn spesifieke bloedvoorraad het nie maar bloed en voedingstowwe ontvang soos die bloed rondom die organe "spoel". Watter toestande bevorder die ontwikkeling van siekte en verspreiding van vektore? MSV epidemies is meer intens in tropiese gebiede. Virus verspreiding tussen gewasse word bevorder deur opeenvolgende verbouing van gashere en die teenwoordigheid van wilde grasse, wat dien as reservoir s van beide virus en vektore, die wye verskeidenheid van plantspesies waarop bladspringers voed en die vermoë van die vektore om MSV aanhoudend oor te dra. Insekte kan ook oor aansienlike afstande migreer. In ʼn warm nat seisoen ontwikkel C. mbila ʼn lang liggaamsvorm en hierdie morf vlieg minder as 10 meter, en slegs geïsoleerde kolle van die siekte ontwikkel. Sodra mielies egter volwassenheid bereik en onder droër toestande, wanneer die voedselbron van die vektor begin verdroog, ontwikkel die sterker, vlieënde, kort lyf vorm van C. mbila. Uitgebreide migrasie na jonger aanplantings en besproeiingsgewasse vind dan plaas oor groot afstande en lei tot wydverspreide misoeste. Die epidemiologie van die siekte hang byna geheel en al af van die bewegings van die bladspringers wat voed en vermeerder op die meeste groot graangewasse, eenjarige grasse, meerjarige grasse, weidings en natuurlike grasveld. Gras geminivirusse het oor die algemeen wye, en dikwels oorvleuelende gasheerreekse. In SuiderAfrika is streepsiekte al in wilde en aangeplante grasspesies aangeteken. Hoewel bladspringers se digtheid laag is in natuurlike grasveld, dien hierdie gebiede as ʼn groot bron van insekte. Daar kan 59 geslagte van bladspringers ontwikkel per jaar, afhangende van die temperatuur en reënval. Meer eiers word gelê by hoër temperature en gedurende die reënseisoen of onder besproeiingstoestande. Die belangrikste vlugtydperk is aan die einde van die reënseisoen, of tydens blomstadia van graangewasse. Grane en jong eenjarige gewasse word hoofsaaklik deur vroulike insekte gekoloniseer en meeste van die MSV infeksies binne die gewas word toegeskryf aan hierdie immigrante. Nageslag van hierdie insekte word gewoonlik nie belangrik geag in die sekondêre verspreiding binne die aanplanting nie, maar is belangrik as bronne van inokulum vir nabygeleë aan-