Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 28

Artikel en Foto’s deur Rikus Kloppers PANNAR M mieliestreepsiekte of MSV is ʼn virussiekte en word veroorsaak deur die Mieliestreepvirus (MSV) en word oorgedra en versprei deur ʼn vektor, die bladspringer Cicadulina mbila. Hoe lyk die tipiese simptome? Mieliestreepsiekte manifesteer ongeveer 3-7 dae na voeding as klein bleek, 0,5-2 mm deursnee kolletjies op die laagste, blootgestelde gedeeltes van die blaar. Simptome kan ook baie wissel afhangende van die gasheer, kultivar of virus isolaat. Slegs nuutgevormde blaarweefsel ontwikkel simptome terwyl die blare onder die punt van infeksie gesond bly. In ernstige gevalle, ontwikkel die kolle later in lang strepe wat uiteindelik oor die hele lengte van die blaar strek, op die blaarnerwe, met die primêre are minder geraak as sekondêre of tersiêre are. Die chlorose (vergeling) word veroorsaak deur die onvermoë van die chloroplaste, nodig vir fotosintese, om te ontwikkel in die weefsel rondom die vaatbondels. Dit lei tot verminderde fotosintese, respirasie verhoog, wat weer lei tot ʼn afname in blaarlengte en planthoogte, wat oorsprong gee aan tipiese geel groen verdwergde plante. Mielieplante wat voor die 4-5 blaarstadium geïnfekteer word produseer dikwels misvormde koppe of gee swak opbrengste. Sommige isolate uit Suid-Afrika veroorsaak ook ʼn rooi pigmentasie op die blare wat eerste geïnfekteer is. hoë vektordruk, feitlik 100% simptomatiese plante met feitlik totale opbrengsverliese tot gevolg gehad het. Waar en op watter gewasse kom MSV voor? MSV is ʼn ernstige beperking in mielieproduksie in die hele subSahara-Afrika, Egipte en die eilande in die Indiese Oseaan (Mauritius, Reunion, Madagaskar). MSV infekteer ook ander gewasse soos hawer, koring, gars, sorghum, manna, vinger manna, suikerriet en wilde grasse en hoewel dit van geringe ekonomiese belang is, dien dit as oorlewingsbron. Opbrengsverliese wissel met die tyd van infeksie en kultivarweerstand, met die grootste vermindering van graanopbrengs in plante wat op ʼn vroeë stadium besmet is. Opbrengsverliese in mielies as gevolg van MSV hou direk verband met die tyd van infeksie. Besmette saailinge sterf af en gee geen opbrengs nie. Plante wat by die 2, 4, 6, 8 en 10 blaarstadium besmet word, toon opbrengsverliese van ongeveer 55%, 45%, 40%, 33%, en 25% onderskeidelik. Wat is die siekte se ekonomiese impak? Regoor die tropiese dele van Afrika word mielies hoofsaaklik geplant in bestaansboerderye en is werklike skattings en finansiële verliese as gevolg van streepsiekte nie bekend nie. Die impak daarvan in klein aanplantings, weens groter blootstelling aan vektore van buite is egter groter. Hier word die hele landjie dikwels vernietig en is daar geen graanvoorraad/opbrengs nie, wat ʼn ernstige bedreiging vir voedselsekuriteit inhou. In kommersiële aanplantings is dit dikwels net enkele plante wat die MSV simptome wys en is die opbrengsverliese gering. Daar is egter gevalle waargeneem waar ʼn totale aanplanting op vroeë stadium, as gevolg van Wat maak MSV anders as baie van die meer algemene mieliesiektes? Wat MSV onderskei van ander siektes is die feit dat die siekte nie bloot net deur ʼn siekteveroorsakende organisme – in die geval die Mieliestreepvirus – veroorsaak word nie maar dat daar ʼn vektor, (die bladspringer Cicadulina mbila) betrokke is. Die vektor tree as die tussenganger op om die virus oor te dra. Die infeksie vind plaas tydens die voedingsproses op die mielieplant. Die virus kan op geen ander manier as deur die vektor oorgedra word nie. Die infeksie kan nie deur saadoordraging, stuifmeel, meganiese kontak, en ander insekte plaasvind nie. Daar is ook ʼn