Vrystaat: Boeboe Louw
V
rystaat Landbou het
tydens sy konferensie op
3 April 2014 in Bloemfontein vir Boeboe
Louw as jongboer van die Jaar
aangewys. Louw boer al vir die afgelope 15 jaar met mielies onder
beide droëland en besproeïng, koring besproeïng), lusern,
sonneblom, skape en veldbeeste .
Hy en sy vrou, Annelize en hul twee
kinders bly die laaste drie jaar op
die plaas Bloudrif in die Wesselsbron-distrik. Hy tree ook as ‘n
spuit- en stroperkontrakteur op en
is self vir die bou van al die
werktuie wat in sy boerdery gebruik word verantwoordelik.
Op ons vraag waarom hy die landbou as beroep gekies het, het hy
kort en saaklik geantwoord: “Dit is
waarmee ek grootgeword het, dit
is my groot liefde!”
Volgens Boeboe is daar drie belangrike eienskappe van ‘n suksesvolle boerdery nl:
Om aanpasbaar te wees ten
opsigte van veranderlikes
Kontrole van die verskeie fasette
van boerdery en om by al die
fasette van jou boerdery persoonlik betrokke te wees
Om vooruit te dink en harde
werk
Volgens Wessel Hattingh, voositter
van Vrystaat landbou se Jongboer
Komitee en ‘n beoordelaar het
Boeboe se goeie verhouding met sy
werkers, hom in die besonder opgeval, “Hy het lojale werkers en dit
wat op die plaas gedoen word,
word die eerste keer reg gedoen.”
Boeboe is van mening dat grondhervorming, arbeid en bemarking
die drie grootste uitdagings in die
landbou is. Hy glo dat dit oorkom
kan word deur deel te wees van
georganiseerde landbou en ‘n oop
verhouding met jou werkers te hê.
Vir sover dit bemarking betref, kan
die struikelblokke oorkom word
deur jou produkkennis te verbeter
en op die voorpunt van tegnologie
te wees.
Volgens Boeboe het ‘n vriend hom
vir die Jongboer Kompetisie genomineer. Sy raad aan nuwe
toetreders tot die landbou en
mede jongboere is op die man af:
“Doen deeglik navorsing voordat jy
‘n besluit neem; Kry hulp en raad
by kundiges op die onderskeie
velde – gaan kyk hoe ander
suksesvolle boere dit doen; Kreatiwiteit is onbeperk!”
Louw meen jongboere moet nie
vergeet dat hulle die volgende
geslag boere is wat die land moet
voed nie aangesien ‘n positiewe
bydrae tot die beeld van die boer
in Suid-Afrika is een van die belangrike aspekte waarop jongboere
moet fokus binne die land se
ekonomiese sektor.
Hy beplan groot veranderings vir
die boerdey die jaar soos: die uitbreiding van die skaapvertakking
om volle kapasiteit te bereik; die
verbetering van natuurlike weiveld
deur die bekamping van Slangbos
en effektiewe bestuur van besproeïngskostes.