Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 18

selfde monitor en automatiese stuurstel en so het een boer al bykans R610 000 op 1000 ha net aan kalk bespaar en hy kon ‘n trekker van 110kW uit sy stelsel haal. Verder het hy amper R125 000 tydens een plantseisoen op diesel bespaar. Die monitors vertoon alles in vol- kleur, wat presies die ligging en profiel van die grond aandui- van die vogpersentasie wanneer `n stroper gebruik word, die bemestingbehoeftes en tot waar verskillende kultivars geplant is. Dit verseker dat die boer se belangrikste bate, naamlik sy grond, optimaal benut word. Die jaarlikse opbrengs en bedrywighede op ‘n sekere land kan ontleed word om toekomstige beplanning te vergemaklik. Sonder ‘n “alles-in-een-presisieboerderystelsel” is dit vandag vir die boer bykans onmoontlik om alle hulpbronne ten volle te benut en terselfdertyd winsgewend en mededingend te boer. Dieselfde monitor en automatiese stuurstelsel kan op verskillende werktuie gebruik word