stellings en makro-porieë wat strek
vanaf die grondoppervlak, regdeur
tot die ondergrond, wat waterinfiltrasie in die geval van swaar reën
vehoog.
Hierdie proses deur die “edaphon”
die lewende komponent van grond,
kan genoem word “biologiese
grondbewerking” Biologiese grondbewerking is egter nie versoenbaar
met meganiese bewerking nie en
met meganiese bewerking sal die
biologiese struktureringproses verdwyn. Sommige meganiese metodes het ‘n groter effek as ander
hierop. Die meeste bewerkingsmetodes het as oogmerk die losmaak van grond met die gevolglike
toename in suurstofinhoud wat op
sy beurt lei tot die mineralisering
van grondorganiese inhoud. Dit lei
uiteindelik tot ’n vermindering van
grondorganiese materiaal wat die
substraat van grondlewe is.
Landboupraktyke met verminderde
of geen meganiese bewerking is
dus slegs moontlik as grondorganismes die taak van grondbewerking oorneem. Dit lei op sy beurt
tot ander implikasies m.b.t. die gebruik van chemiese insette. Sintetiese insekdoders en minerale
kunsmis moet dus sodanig gebruik
word sodat dit nie die grond benadeel nie.
Omdat die hoofdoel van landbou
die produksie van oeste is, is veranderings in die pes- en onkruidbeheer baie meer noodsaaklikik in BB.
Die verbranding van plantoorblyfsels en ploeg van die grond word
slegs as noodsaaklik beskou vir fitosanitêre redes; kontrole van peste,
onkruid en siektes. In ‘n stelsel van
veminderde meganiese bewerking
gebasseer op molmbedekking en
biologiese bewerking, sal alternatiewe toegepas moet word om peste en onkruid mee te beheer. Geïntegreerede pesbestuur word dan
verpligtend. ‘n Belangrike element
om dit mee te bereik is oes-rotasie,
wat die infeksieskakel tussen openvolgende oeste en die chemiese en
fisiese interaksies tussen verskillende plantspesies onderbreek en effektief gebruik maak van die fisiese
en chemiese inte raksies tussen die
verskillende plantspesies. Die gebruik van sintetiese chemiese
plaagbeheermiddels en veral onkruiddoders is in die eerste paar
jaar van BB onvermydelik maar
moet met groot sorg gebruik word
om die negatiewe impak op grondorganismes te verminder. Die gebruik van sintetiese plaagdoders en
minerale kunsmis neig om al hoe
minder te word, selfs minder as by
“konvensionele” boerderystelsels,
soos die nuwe balans tussen die
organimes van die plaasekosisteem,
plae en voordelige organismes, oeste en onkruid gevestig raak.
Hierdie beskouing van bewaringsboerdery het ‘n aantal voordele op
globale, streeks, en plaaslike vlak:
Dit voorsien ‘n werklik volhoubare stelsel wat nie net bewaar
nie, maar ook die natuurlike
hulpbronne en vermeerdering in
die verskeidenheid grondbiota,
fauna en flora in landbouproduksiesisteme verhoog, sonder
dat opbrengs op hoë produksievlakke ingeboet word. Dit
ondersteun derhalwe die biodiversiteit in landbouproduksiestelsels op ‘n mikro sowel as
makro vlak.
Geenbewerking lande dien as ‘n
“opvanghouer” vir CO₂ en bewaringsboerdery wat op ‘n globale skaal toegepas word, kan
‘n reuse bydrae lewer tot die
kontrole van lugbesoedeling en
globale verwarming in die besonder. Boere wat hierdie praktyke toepas kan uiteindelik beloon word met koolstofkrediete.
Grondbewerking is van alle
plaaspraktyke, die grootste energieverbruiker en derhalwe is
gemeganiseerde landbou, ‘n
lugbesoedelende praktyk. Deur
geenbewerking van grond, kan
die boer 30-40% aan tyd, arbeid
en fossielbrandstof, in vergelyking met konvensionele grondbewerkingspraktyke, bespaar.
Grond, onder BB praktyke het ‘n
hoë waterinfiltrasiekapasiteit
wat afvloei en erosie aansienlik
verminder en grondwater bronne versterk. In menige areas
waar BB reeds oor ‘n lang tydperk toegepas word, het natuurlike fonteine na jare weer begin
loop. Die volle omvang en potensiaal van BB op waterbronne
wêreldwyd, word nog nie werklik na waarde geskat nie.
BB is geensins lae-uitset landbou
nie en voorsien opbrengste wat
met intensiewe landbou, maar
op ‘n volhoubare manier, vergelyk kan word. Tewens, opbrengste word groter met die jare terwyl opbrengsvariasies verklein.
Vir die boer is BB hoofsaaklik
aanloklik aangesien dit ‘n vermindering in kostes, tyd en arbeid tot gevolg het. Veral in
piektye wanneer die aanvraag
m.b.t. grondvoorbereiding en
plant in gemeganiseerde stelsels
hoog is, verminder dit die
onkoste aan investering en
onderhoud op die langer
termyn.
Nadele in die korttermyn mag die
hoë aanvanklike uitgawes aan
gespesialiseerde planttoerusting en
die total nuwe dinamika van ‘n bewaringsboerderystelsel wees, wat
hoë bestuursvaardighede en ‘n
leerproses vir die boer beteken.
Langtermyn ondervinding met BB
wêreldwyd het bewys dat dit nie
meer of minder nie maar ander
probleme vir die boer inhou –
waarvan almal oplosbaar is.
Vertaal en verwerk met erkenning aan:
www.fao.org/ag/ca/1a.html