Agri Kultuur January / January 2018 | Page 72

• ‘My familie en vriende aanvaar my nie (meer) nie’… ens. Onthou, hierdie negatiewe en disfunksionele gedagtes is NIE die waarheid nie en spruit voort uit ‘n siek onderbewussyn! Vervang dit dus deur ‘n lys van positiewe gedagtes daar- naas neer te skryf bv.: • Ek is nie ’n mislukking nie - Van my belan- grikste suksesse is ............ • Die voordele van my aftrede is - Ek is belangrik vir my familie en vriende -Ek kan nog baie vir hulle beteken, byvoorbeeld …...ens.’ Doen dieselfde met AL jou negatiewe gedagtes en persepsies. So neem jy beheer van jou den- ke en oor die lewe. Maar moenie kits-resultate verwag nie. Die leerproses vat baie tyd. As jy pas uit ‘n toestand van depressie (of angs) gekom het, sal daar nog weer (tydelike) insink- ings wees. Dit kan maande, en selfs jare vat om volkome te herstel –jy sal tegnieke moet aanleer om jou denke te bestuur om te ver- hoed dat depressie of angs ooit weer ‘n vat op jou kry. Depressie en donker gedagtes kan jou altyd weer oorval, veral as jy ‘n geneigdheid daartoe het (of ‘n swakplek in hou psigiese mondering). Maar dit behoort minder en minder te gebeur en langer tydperke sal tussen die insinkings kom en hulle sal ook van korter van duur word. Mettertyd sal jy meer bedag word op die simp- tome en hulle hopelik vroeër herken sodat jy dit in die kiem kan smoor, eerder as om te skrik en vir jouself wys te maak “Ai hier kom alweer ‘n nuwe vlaag van depressie (of angs) en ek is magteloos om iets daaraan te doen”. Daar is ongelukkig nie kortpaaie nie. Probeer om jou onderbewussyn as’t ware in te ent met positiewe denke. Dit kan jou meer weerbaar maak om toekomstige aanslae te trotseer! Hierdie artikel is gebaseer op inligting uit die boek PRIMA TYD – Geniet jou lewe ná 50 deur Johannes Jordaan. Kontak [email protected] vir meer besonderhede. Die boek bevat waardevolle wenke oor: • • • • • • • • • Geluk tydens jou prima jare te sorg. Inflasie-beskutte beleggings te kies. Goeie gesondheid te geniet. Depressie te voorkom. Goed by jou prima tydperk aan te pas. Verveling te voorkom. ‘n Geskikte aftree-tuiste te kies. Jouself teen misdaad te beskerm. Jou geld tot jou grootste voordeel te bestuur BESKIKBAAR BY: Johannes Jordaan Epos [email protected] vir verdere besonderhede of ‘n bestelvorm (sonder verpligting) Also available in English AgriKultuur |AgriCulture 72