Agri Kultuur January / January 2018 | Page 71

Die Griekse filosoof Epictetus het reeds voor Christus se geboorte al tot die slotsom gekom dat ‘ mense se ontsteltenis oor gebeurtenisse nie soseer gaan oor wat met hulle gebeur het nie , maar eerder hoe hulle dit ervaar , vertolk en verwerk .
Ons geluk word grotendeels bepaal deur ons geloof-stelsel d . i . hoe ons na dinge om ons kyk en hoe ons ons ervarings vertolk .
Kommer en kwelling is deel van die lewe . Namate jy ouer word , kom daar noodwendig veranderinge in jou fisieke gesondheid , en dikwels ook op geestelike vlak . Jy vra jouself dikwels vrae soos die volgende :
• Is my aftree geld voldoende om vir my oudag te sorg ?
• Wat sal gebeur as ek ernstig siek word ?
• Het ek ‘ n mediese fonds en sal dit aan my voldoende finansiële beskerming verleen ?
• Is my voorsiening vir ‘ n aftree tuiste voldoende ?
Dit lei dikwels tot ‘ n soort bestaansangs en angs bederf geluk . Om nie te praat van die angs wat tot ‘ n angs-neurose kan lei nie . Hoe hanteer mens dit ? Ondermeer deur jou denke te kondisioneer en te bestuur . Dis nie altyd maklik nie , maar jy kan jou denke op die positiewe toespits en dankbaarheid betoon vir wat jy het eerder as om te kla oor wat jy nie het nie . Dit is ‘ n wilsbesluit . Aanvaar dat jy angs kan oorwin .
Fisieke en geestesgesondheid loop hand-aanhand . Dis ook gerusstellend om te weet dat die meeste voortydige gesondheidsprobleme , of voorkom kan word , of behandel kan word .
Die feit dat tot 50 % van alle mense die een of ander tyd anti-depressante gebruik selfs vir ligte depressie is rede tot kommer . Veral ouer mense word merendeels hieraan blootgestel .
Gemoedsversteurings . Van die belangrikste oorsake van gemoedsversteurings , is :
1 . Dat mense nie voldoende vir hul aftrede beplan het nie , en dat dit hulle onverhoeds vang ,
2 . Dat hulle nie die vermoë het om by ‘ n nuwe lewensfase aan te pas nie , en / of
3 . Dat eensaamheid en ‘ n gebrek aan
AgriKultuur | AgriCulture vriendskappe , asook verveeldheid met die lewe , skade aan hul selfbeeld kan veroorsaak .
Gelukkig kan die meeste van hierdie oorsake , voorkom word . Voorkomende optrede geld beslis ook angs en depressie wat so dikwels intree wanneer mense die aftree-fase binnegaan . Die korrekte bestuur van mens se denkpatrone en die regte raad en kondisionering kan beslis help om negatiewe gemoedsversteurings te voorkom en waar dit wel voorkom , uit die weg te ruim en ook om vrede te maak met die dood wat uiteindelik vir almal uiteindelik gaan kom .
As jy reeds in die ‘ dryfsand ’ van negatiwiteit , selfverwyt , woede , magteloosheid en depressie beland het , onthou : Daar is hoop . Jy kan weer daar uitkom . Hoe jy dit kan doen , word vervolgens bespreek .
Voorkoming en behandeling van depressie Die volgende wenke is deel van ‘ n selfhelp-benadering . In sommige gevalle is dit egter wenslik om ook vir hulp by ‘ n goeie psigiater of kliniese sielkundige aan te klop . Dikwels is daar neuro-versteurings in jou breinfunksies , soos byvoorbeeld ‘ n serotinien-tekort en is medikasie nodig , minstens tydelik . Maar soms benodig jy net maniere om jou denkprosesse kognitief te bestuur en te kondisioneer .
Soms is beide benaderings ter aanvulling van mekaar nodig . Wees net versigtig dat jy nie van chemiese medikasie afhanklik word wat jou net beter laat voel en nie werklik beter laat word nie . Dit behoort in die meeste gevalle net ‘ n tydelike oorbruggingsmaatreёl te wees . Soos by alle ongesteldhede , is permanente genesing net moontlik indien dit by die oorsaak daarvan aangespreek word , soos kognitiewe behandeling is en bly die beste oplossing omdat dit normaalweg die oorsaak van die versteuring aanspreek .
Die prosedure by kognitiewe kondisionering is soos volg :
Maak ‘ n lys van jou negatiewe gedagtes , soos byvoorbeeld :
• ‘ Ek is ’ n mislukking ’… -
• ‘ Aftrede is die einde van my lewe ’…
• ‘ Niks bly meer oor om voor te lewe nie .
• ‘ Die sin en betekenis het uit my lewe verdwyn ’
71